Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Media broodnodig in dié tyd’
Jackson MthembuFoto: Daily Sun

Die klassifikasie van die media as ’n noodsaaklike diens tydens die nasionale staat van inperking is ’n broodnodige maatreël om te verseker dat alle Suid-Afrikaners én die internasionale gemeenskap toegang het tot noodsaaklike inligting daartydens, sê Jackson Mthembu, minister in die presidensie.

Mthembu het enkele ure voordat die staat van inperking om middernag Donderdagaand landwyd inskop, die regering se waardering vir die rol wat die media in hierdie kritieke tydperk sal speel, uitgespreek.

Volgens hom het die gehalte joernalistiek op verskillende mediaplatforms grootliks bygedra om die “waninligting, negatiewe invloed van fopnuus en die ongegronde paniek deur sommige verbruikers van sosiale media en ander bronne” te verminder nadat pres. Cyril Ramaphosa eers Covid-19 as nasionale ramp verklaar en daarna die nasionale staat van inperking verklaar het.

“In ’n tyd van krisis soos ons nou ervaar, is die joernaliste wat landsburgers en belanghebbendes inlig, bemagtig en aan hulle hoop bring, ’n belangrike nasionale bate en noodsaaklikheid.

In ’n tyd van krisis soos ons nou ervaar, is die joernaliste wat landsburgers inlig, bemagtig en aan hulle hoop bring, ’n belangrike nasionale bate en noodsaaklikheid.

“In die weke wat voorlê gedurende die nasionale inperking, sal die kommunikasie tussen die regering deur sy inligtings- en kommunikasiestelsel (die GCIS) en die openbare, gemeenskaps- en kommersiële media help om te verseker dat mense die streng maatreëls wat in die land in werking getree het, verstaan en toepas.

“Alle Suid-Afrikaners moet hul rol speel om die verspreiding van die virus in te perk en om die gesondheid en lewe van ons almal te beskerm,” het Mthembu in ’n verklaring Donderdag gesê.

Hy het bygevoeg dat joernaliste en tegniese personeel van uitsaaiers en verspreiders te alle tye in besit van perskaarte, identiteitsdokumente of korporatiewe identiteitskaarte moet wees.

“Briewe van werkgewers vir personeellede of vryskutwerkers sal dit ook makliker maak vir wetstoepassingsbeamptes om mediawerkers toegang te gee tot plekke van waar hulle wil verslag doen.

“Gegewe dat mediawerkers eerstens landsburgers is, raai die regering werkgewers aan om te verseker dat media-werkers toegang tot beskermende voorrade en toerusting het wat hulle en die mense met wie hulle in kontak sal kom, se welstand in gedagte hou.”

Met die hulp van die staat se inligtingstegnologie-agentskap (Sita) het die regering sy infrastruktuurkapasiteit verhoog om te verseker dat sy webtuiste by www.gov.za ten alle tye beskikbaar sal wees.

“Ons is besig om reëlings af te handel wat sal verseker dat ons deurgaans ander mediageleenthede bied deur onder meer regstreekse aanlyn uitsendings om die getal mense in ’n enkele lokaal (soos by nuuskonferensies) te beperk.”

Meer oor:  Joernaliste  |  Koronavirus  |  Inperking  |  Media  |  Covid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.