Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Medici oorwerk, maar 100de nuwe dokters kry glo nie werk

Honderde gekwalifiseerde en ervare plaaslike medici is gereed om in die voorste linie teen Covid-19 te veg en lewens te red, maar sit glo ledig tuis.

Dit terwyl sowat 40 000 mediese poste by die departement van gesondheid steeds gevries is, volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama).

In 2020 is sowat 200 Kubaanse dokters na Suid-Afrika gebring om te help in die stryd teen die pandemie, maar ActionSA, die politieke party wat Herman Mashaba, oudburgemeester van Johannesburg gestig het, glo met die geld wat hieraan bestee is, kon sowat 500 plaaslike dokters in diens geneem gewees het.

Die departement van gesondheid sê egter hy probeer werk kry vir mediese beamptes wat hul gemeenskapsdiens voltooi het en werk saam met die tesourie om finansieringsmodelle te identifiseer.

’n Werklose gekwalifiseerde dokter, die eerste in haar familie, het op voorwaarde dat haar identiteit weerhou word, gesê sy sukkel sedert 2018 om werk te kry. Sy het haar mediese graad in dié jaar aan die Universiteit van Kaapstad behaal.

“Ek wou nog altyd in die openbare sektor werk, want om my gemeenskap te dien was nog altyd my grootste behoefte,” het sy in ’n onderhoud met Netwerk24 gesê.

Die departement hou vol die poste kan weens finansiële probleme nie gevul word nie.

“Ek het dit nooit oorweeg om my eie praktyk op die been te bring nie, ek het nie die middele of kapitaal daarvoor nie. Ek weet ook die openbare sektor is die beste plek om akademiese ervaring op te doen. Ek glo dit is my roeping.”

Sy sê dis juis frustrerend dat die departement van gesondheid nie nog medici aanstel nie omdat die gesondheidstelsel weens Covid-19 onder soveel druk is.

“Dokters werk sowat 100 uur per week en ons kan sowat 30 uur aaneen op roep wees. Ek weet hoe uitputtend dit is,’ sê sy.

“Ek glo die regering moet ingryp omdat ons werkloos is en ons kollegas onder soveel druk met die pandemie is. Die regering is verplig om meer dokters in diens te neem en na hul gemeenskappe om te sien.”

Sy voel ook die Kubaanse dokters is nie ten volle toegerus om in Suid-Afrikaanse toestande te werk nie.

“Die pandemie is ’n goeie platform om te leer en dis jammer dat ons nie kan deelneem nie. Die regering moet iets doen.”

Stel werklose SA medici aan

Sama het ’n beroep op die regering gedoen om sukkelende, werklose medici aan te stel te midde van die tweede vlaag infeksies.

Volgens dr. Angelique Coetzee, voorsitter, was daar in 2020 meer as 500 gekwalifiseerde, werklose dokters in Gauteng. Die syfer is nou moontlik selfs hoër.

Coetzee sê dokters wat verlede jaar hul internskap voltooi het, is weens die pandemie nog nie geplaas om hul gemeenskapsdiensjaar te doen nie.

“By die departement van gesondheid is daar 40 000 gevriesde poste. Die regering is nie verplig om hierdie poste te vul nie, maar Sama voel dis ’n geleentheid vir dokters om tot die stryd teen Covid-19 by te dra,” sê Coetzee.

“Die departement hou vol die poste kan weens finansiële probleme nie gevul word nie.”

Popo Maja, woordvoerder van die nasionale departement van gesondheid, sê volgens die inligting tot hul beskikking het 1 369 medici verlede jaar hul gemeenskapsdiens teen Desember voltooi en is 2 104 poste vir mediese beamptes beskikbaar. Dit is egter nie bekend of daar vir hierdie poste begroot is nie.

Ons gaan ’n petisie aan dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, rig dat die staat hierdie medici in diens moet neem om te help om Suid-Afrikaners se lewe te red.

“Met inagneming daarvan dat van die provinsies verwag word om hul begrotings vir die koste van indiensneming teenoor die vorige finansiële jaar te sny, kan daar redelikerwys afgelei word dat die provinsies nie ’n voldoende begroting het om nog mense in diens te neem nie.”

Volgens hom is 784 mediese beamptes permanente poste of kontrakwerk oor die provinsies heen aangebied.

Maja sê voorts die nasionale en provinsiale departement van gesondheid werk saam met die nasionale en provinsiale tesouriers om finansieringsmodelle te identifiseer.

Die departement gaan onder meer vir die nasionale tesourie vra om geld opsy te sit om die entstof beskikbaar te stel en te versprei.

Mensehulpbronne is volgens hom baie belangrik vir hierdie proses. As daar aan hul versoek gehoor gegee word, kan hulle dalk die oorblywende mediese beamptes wat hul gemeenskapsdiens voltooi het, werk gee om die druk weens die tweede vlaag te help verlig en in veldhospitale te werk.

Intussen het ActionSA ’n beroep op werklose medici, sowel as mediese interns wat nog plek soek, gedoen om na vore te kom.

“Hoe kan hierdie poste gevries bly terwyl ervare Suid-Afrikaanse dokters en verpleegsters tuis sit? Die geleentheid word van hulle ontneem om die voorste linie in die stryd teen Covid-19 te versterk,” sê ActionSA in ’n verklaring.

“Ons gaan ’n petisie aan dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, rig dat die staat hierdie medici in diens moet neem om te help om Suid-Afrikaners se lewe te red.”

Volgens die amptelike syfers het sowat 1 259 748 Suid-Afrikaners al die virus opgedoen, met 1 019 123 wat herstel het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.