Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Medisyne vir malaria word dalk nog entstof vir Covid-19

Terwyl die wêreld skarrel om ’n entstof vir Covid-19 te ontwikkel, het ’n middel wat malaria beveg, baie positiewe uitslae in ’n toets getoon.

Chlorokien word volgens Business Insider reeds sedert die 1940’s vir malaria voorgeskryf. Dit word ook gebruik om lupus en gewrigsrumatiek te behandel.

’n Franse laboratorium het chlorokien toegedien aan mense met Covid-19 onder lede, en daar is bemoedigende anekdotiese tekens dat dit die koronavirus kan beveg.

Daar is egter nog geen kliniese data beskikbaar om dit te ondersteun nie.

As kliniese toetse wys chlorokien is doeltreffend teen die virus wat Covid-19 veroorsaak, sal die koronavirus wat tans die wêreld op hol het, die aansteeklike respiratoriese siekte wees wat die goedkoopste is om te behandel, lui die Franse se navorsingsverslag wat op 3 Maart in die International Journal of Antimicrobial Agents gepubliseer is.

Didier Raoult, die Fransman agter die navorsing, het bewys 100% van getoetse pasiënte wat ’n kombinasie van hidroksiechlorokien en die antibiotikum Azithromycin ingeneem het, was binne ses dae “virologies” genees.

Sien sy navorsing hier.

Volgens Business Insider verkort chlorokien die tydperk waarin geïnfekteerde persone ander kan aansteek.

As die behandeling boonop met die antibiotikum gekombineer word, verminder dit die viruslading in pasiënte.

As die behandeling boonop met die antibiotikum gekombineer word, verminder dit die viruslading in pasiënte.

Azithromycin word gebruik om longinfeksies teen te werk.

Trump se faux pas

Nie lank nadat dié navorsing gepubliseer is nie, het pres. Donald Trump van Amerika met groot vreugde aangekondig die Amerikaanse voedsel- en medisyne-administrasie (FDA) het chlorokien as ’n entstof vir Covid-19 goedgekeur. Die FDA ontken dit egter, berig die nuuskanaal CNN.

“Dit het baie bemoedigende – baie, baie bemoedigende – vroeë uitslae getoon. En ons sal die middel byna onmiddellik beskikbaar kan stel. Dit is waar die FDA so goed was. Hulle is deur die goedkeuringsproses; dit is goedgekeur. En hulle het dit gedoen – hulle het dit (die tydsduur om ’n entstof te ontwikkel) van baie, baie maande tot onmiddellik verkort. So, ons sal die geneesmiddel . . . beskikbaar kan stel,” het Trump Donderdag voor die Withuis aan joernaliste gesê.



Die FDA het egter in ’n verklaring gesê dit is nie waar nie en dat daar nog geen “FDA-goedgekeurde terapie of geneesmiddel is om Covid-19 te behandel, te genees of te voorkom nie”.

Daar is egter FDA-goedgekeurde middels wat kan help om die simptome verlig, lui die verklaring.

Die FDA-kommissaris dr. Stephan Hahn het ná afloop van Trump se inligtingsessie gesê chlorokien se doeltreffendheid sal in ’n groot kliniese proeflopie getoets word.

Almal soek ’n entstof

Die Franse navorsing oor die ontwikkeling van ’n entstof is net een van talle wat tans in die wêreld onderweg is.

Reuters berig Amerika is reeds besig met sy eerste kliniese proeflopie. Dit word deur die nasionale instituut vir allergieë en aansteeklike siektes gefinansier en deur die Kaiser Permanente-gesondheidsnavorsingsinstituut in Seattle uitgevoer.

Deelnemers sal twee dosisse van die middel 28 dae uitmekaar ingegee word en sal vir ’n jaar lank ná die tweede dosis gemoniteer word.

Deelnemers sal twee dosisse van die middel 28 dae uitmekaar ingegee word en sal vir ’n jaar lank ná die tweede dosis gemoniteer word.

Die Chinese staatsmedia berig die eerste fase van kliniese proeflopies het vandeesweek in China begin.

Die Amerikaanse medisynevervaardiger Pfizer het ’n ooreenkoms met Duitsland se BioNTech gesluit om ’n moontlike entstof te begin ontwikkel.

Kenners by die Wêreldgesondheidsorganisasie het volgens Reuters gesê hulle verwag nie dat daar ’n getoetse en goedgekeurde entstof gereed sal wees voor middel 2021 nie.

– Saamgestel deur Jana Marx

Meer oor:  Entstof  |  Malaria  |  Koronavirus  |  Virus  |  Covid 19-Virus  |  Koronavirussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.