Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Meer as 1.4 mjd. kry nie genoeg oefening
06 September 2018

Meer as 1,4 miljard mense wêreldwyd loop die risiko om siek te word weens te min oefening.

Dié lae aktiwiteitsvlakke het ook nie enigsins sedert 2001 verbeter nie, volgens navorsing wat in die vaktydskrif The Lancet verskyn het.

Wêreldwyd is een uit elke drie vroue en een uit elke vier mans onaktief, maar dit is die ergste in Arabiese lande waar dié syfer 50% van die bevolking is.

Onaktiwiteit word verbind met kardiovaskulêre siektes, tipe-2-diabetes, demensie en sommige kankers.

Die oefening wat ’n mens behoort te kry is 150 minute se matige oefening per week, of 75 minute se intense oefening.

Luidens die studie vaar Suid-Afrika sleg: 47,3% van die vroue hier kry nie genoeg oefening nie, en 28,5% van mans. Albei hierdie syfers is hoër as die wêreldgemiddelde van onderskeidelik 32% en 23%.

In Mosambiek, byvoorbeeld, is die persentasie wat te min oefening kry slegs 5% vir mans en 6% vir vroue. In Amerika is dit 31% vir mans en 48% vir vroue en in die Verenigde Koninkryk 31% en 40%.

Meer oor:  The Lancet  |  Oefening  |  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.