Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Meer studente het Covid-19 in Oos-Kaap

Daar is nou 60 aktiewe gevalle van mense met die koronavirus op die kampus van die Universiteit van Fort Hare in Oos-Londen nadat 27 nuwe gevalle aangemeld is.

Vier van dié mense is personeellede, terwyl 56 studente is.

Die universiteit het Woensdag in ’n verklaring gesê 125 gevalle, met vier sterftes is by die universiteit aangemeld.

Vroeër die week het die universiteit bevestig dat sy aktiewe gevalle binne ’n week tot 33 gestyg het. Daarna is nog 27 gevalle Woensdag bevestig.

Netwerk24 het vroeër berig dié styging in nuwe infeksies hou volgens die provinsiale gesondheidsdepartement moontlik verband met twee partytjies wat vroeër die maand in Quigney, Oos-Londen, gehou is waar gesondheidsprotokolle geïgnoreer is.

Die departement help steeds met toetse op die kampus.

Aanvanklik is net studente van die fakulteite verpleegkunde en regte positief getoets, maar die onlangse infeksies is ook aangemeld onder studente by die bestuurs- en handelsfakulteite.

Die universiteit het ’n kwarantyngebied by hul Alice-kampus beskikbaar gestel, terwyl ’n geskikte gebied op die Oos-Londen-kampus nog gesoek word.

Die Oos-Kaapse regering het ook 40 beddens geskenk aan die Bhisho-hospitaal wat die universiteit vir isolasie kan gebruik.

Intussen het die visekanselier van die universiteit, asook die Walter Sisulu-Universiteit (WSU), wat ook ’n kampus in Oos-Londen het, in ’n gesamentlike verklaring hul kommer oor die stygende getal infeksies uitgespreek, omdat die studente gewoonlik saam sosialiseer.

Luidens die verklaring het die visekanseliers met bewusmakingsveldtogte by hul instellings begin en ’n beroep gedoen op studente, hul ouers en voogde om steeds die veiligheidsregulasies na te kom.

Studente word veral daaraan herinner dat hulle hul studentelewe verantwoordelik moet geniet deur nie by oorvol plekke te wees nie. Hulle moet ook maskers dra en hul hande gereeld ontsmet.

Hoewel die WSU reeds gebiede vir isolasie op hul onderskeie kampusse geïdentifiseer het, waarsku die universiteit dat die ruimte beperk is.

Meer oor:  Oos-Londen  |  Koronavirus  |  Studente  |  Covid-19  |  Kampus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.