Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Meeste leerlinge terug by Oranje ná isolasie

Die meeste van die leerlinge van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein wat positief vir die koronavirus getoets is of hulle net moes isoleer, is terug by die skool.

Dit kom nadat baie leerlinge, onder wie al die gr. 11’s, nog voor Paasnaweek in isolasie was en ’n hele paar van hulle positief getoets is.

Anne-Marie Klink, die skoolhoof, het Woensdag bevestig nog net vier meisies is in isolasie, wat tot Donderdag duur. Die res van die leerlinge is terug by die skool.

Die skool het die gr. 11’s sedert 26 Maart as voorkomingsmaatreël tuis laat bly en aanlyn onderrig aangebied nadat vier gr. 11-koshuisleerlinge en twee stadsleerlinge positief vir die virus getoets is, sê Klink.

“Dit was maar net ’n veiligheidsprotokol wat ek ingestel het en ek het dit ook met die onderwys- en gesondheidsdepartement uitgeklaar.”

Daar is ook leerlinge van ander grade wat positief getoets is en geïsoleer het.

“Ek weet nie of die kinders en ouers noodwendig die erns van die saak besef nie, want daar was nou al weer partytjies.”

Klink sê die skool het al verskeie skrywes gerig om die erns van die saak te beklemtoon. Sy is onder die indruk dat die getal infeksies begin toeneem.

Sy moedig ouers aan om hul kinders tuis te hou as hulle siek is. Die personeel se gesondheid word ook in gevaar gestel.

“Die kinders is siek, hulle het sinus, dis maar tipiese verkoues wat hulle het. So jy weet nie of daar ’n kind met simptome rondloop van wie jy nie weet nie. Hulle is vir my sieker as verlede jaar.”

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, sê daar is nie ’n krisis wat betref infeksies in skole nie. Daar is 45 aktiewe gevalle in skole waarvan hy weet. Daar was volgens hom vanjaar in die provinsie nog geen verdere sterftes onder leerlinge of skoolpersoneel aan die virus nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.