Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Meeste restaurante en supermarkte in De Aar toe

Die meerderheid van De Aar se restaurante, kafees, supermarkte, slaghuise en enkele gastehuise se deure is Woensdag deur gesondheidsinspekteurs toegemaak.

Volgens een sakeman kan niemand omtrent kos en koeldrank koop nie.

Dit volg op ’n inspeksie deur die Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteit waarin besighede met gesondheidsertifikate wat verval het, gesluit is.

Martin Barnard, wat onder meer die Upstair-rastaurant besit, sê dit is ’n verskriklike slag vir die dorp se ekonomie.

“Niemand kan kos by supermarkte koop nie.

Checkers se deure in De Aar is Woensdag deur gesondheidsinspekteurs toegemaak. Foto: Verskaf

“Omtrent alle koswinkels, van nasionale supermarkte en kitskosrestaurante tot kafees, is gesluit.”

Hy sê dit is ’n groot probleem omdat hy binnekort kos vir vooraf gereelde partytjies moet voorsien.

“Ek weet nie of ek betyds ’n sertifikaat gaan kry nie.”

Barnard erken dat hul gesondheidsertifikate in 2015 verval het, maar sê die munisipaliteit het versuim om hul jaarlikse inspeksies sedertdien te doen.

Kotie Fourie, wat koeldrank, skyfies en pasteie by sy vulstasie verkoop, se kiosk en restaurant is ook toegemaak.

“Hulle het ons destyds geïnspekteer, en nooit weer nie. Ons was verlede jaar by ’n vergadering met die munisipaliteit waarin ons oor inspeksies en sertifikate ingelig is.

“Die inspekteurs het egter nie die inspeksies en sertifisering gedoen soos ons verwag het hulle sou nie. Toe slaan hulle Woensdag toe.

Die Saverite Supermarket is van die plekke wat Woensdag toegemaak is. Foto: Verskaf

“Ons is genoodsaak om dringend dokumente in te vul. Die inspekteurs moet nou hul rondtes voltooi, ons dokumente verwerk en weer inspeksies binne dae doen voordat ons dalk mag oopmaak.”

Franconette Swanepoel, wie se De Herberg Lodge nie toegemaak is nie, sê daar is mense wat geweet het hulle moet dinge in plek kry.

Die Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteit het verlede jaar ’n persoonlike uitnodiging aan elke gastehuis en restaurant in De Aar gestuur om ’n vergadering by te woon, maar niemand het die vergadering bygewoon nie.

Dié supermark is ook toegemaak. Foto: Verskaf

Sy het verskoning gemaak om nie daar te wees nie, maar het ’n dag ná die vergadering die kantore van Pixley ka Seme gekontak.

Hulle het haar toe meegedeel nuwe gesondheidswette tree in werking en dat sy voortaan ’n lisensie van hulle nodig sal hê om sake te kan doen.

Swanepoel sê daarna het sy verseker dat sy aan al die wetlike vereistes voldoen en daarom het sy ’n geldige sertifikaat, maar dit het haar duisende rande gekos.

Meer oor:  De Aar  |  Restaurante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.