Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
50-plussers 'van volgende week ingeënt'

Mense van 50 tot 59 jaar oud sal van volgende week af ’n inenting teen Covid-19 ontvang.

David Makhura, premier van Gauteng. Foto: Verskaf

So het David Makhura, premier van Gauteng, Donderdag op sy provinsiale begrotingsrede gesê.

“Dit is noodsaaklik om meer mense in te ent om die derde vlaag van infeksies te beveg. Daarom sal ons volgende week begin om mense van 50 tot 59 jaar oud in te ent.”

Hy sê diegene in hul 40’s gaan ook nie veel langer hoef te wag nie.

“Op 1 Julie sal ons ook begin om wetstoepassers in te ent.”

Volgens hom is Gauteng steeds ’n brandpunt, maar moet daar met strenger regulasies ’n balans gevind word tussen die red van lewens en die ekonomie. “Ons kan nie dat mense weer by die huis sit soos tydens vlak 5 verlede jaar nie.”

Makhura sal om 13:00 meer inligting oor die hantering van die Covid-19-krisis in die provinsie bekend maak.

Dr. Lwazi Manzi, woordvoerder van die nasionale gesondheidsdepartement, het by navraag gesê Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, sal Vrydagoggend tydens ‘n mediakonferensie aankondigings oor die entstof maak.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  David Makhura  |  Gauteng  |  Ingeënt  |  Begrotingsrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.