Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Mense waag steeds kanse op strande
Mense het Dinsdagoggend op die strand in Muizenberg, Kaapstad, gaan stap. Foto: Gallo Images/Brenton Geach

Minder as 12 uur nadat pres. Cyril Ramaphosa mense verbied het om strande in Covid-19-brandpunte te besoek, is daar steeds mense wat kanse waag.

Polisielede en metropolisielede Dinsdag op die strand in Muizenberg. Foto: Gallo Images/Brenton Geach

Die president het Maandagaand onder meer die Weskus, Overberg, Tuinroete en Kaapstad as van die bykomende brandpunte aangekondig.

’n Branderplankryer op Muizenberg se strand word deur ’n metropolisielid gewaarsku nadat hy uit die see gekom het. Branderplankry is ook verbode. Foto: Gallo Images/Brenton Geach

Toegang tot strande, damme, mere en riviere is verbied. Dit geld net brandpunte. Tans is dit net die strande in die Noord-Kaap wat tussen 06:00 en 21:00 mag oop wees.

’n Gesin Dinsdagoggend by die Onrusriviermond. Hierdie strand mag ook nie besoek word nie. Foto: Lise Beyers

Wetstoepassers moes desondanks Dinsdagoggend by sommige strande soos Bloubergstrand en Muizenberg in Kaapstad lede van die publiek van die strande verjaag. Sommige strandgangers het ook nie maskers gedra nie.

Mense sit Dinsdagoggend op ’n rusbankie by Kammabaai, net voor die Voëlklip-strand in Hermanus. Foto: Lise Beyers

In die Overberg het een of twee gesinne die Onrus-strand besoek, terwyl ander op rusbankies by die strand gesit het.

Maar Schalk Carstens, waarnemende hoof van die provinsie se rampbestuur, het gesê geen massabyeenkomste is aan hom gerapporteer nie.

Wetstoepassers is by al die groot strande in die Kaap ontplooi om toe te sien dat mense van die strand af wegbly. Foto: Jenna Lemmer
’n Vrou word Dinsdag deur ’n metropolisielid van Bloubergstrand af vergesel. Foto: Jenna Lemmer

Ná ’n vergaderings wat Carstens Dinsdagoggend bygewoon het saam met die premier, onderskeie burgemeesters en wetstoepassers, is geen melding van enige voorvalle gemaak nie.

“Mense dra nie almal maskers nie, maar daar is geen voorvalle van wangedrag aangemeld nie.

“Wetstoepassers sal nietemin die strande die volgende twee weke fyn dophou en mense wat nie die regulasies gehoorsaam nie, kan tronk toe gaan en/of ’n boete opgelê word,” het Carstens gesê.

Menseredders op strande sal nou ook mense van die strande wegwys.

Meer oor:  Verbod  |  Maskers  |  Strande  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.