Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Metropolisie sloer glo om lede vir koronavirus te toets
Foto ter illustrasie. ’n Lid van die Johannesburg-metropolisiediens. Foto: Gallo Images

Die Johannesburg-metropolisiediens (JMPD) word daarvan beskuldig dat hy gesloer het om polisielede vir die koronavirus te laat toets nadat ’n vrouebeampte op 13 Mei positief getoets is.

Dié beampte het ’n patrolliemotor met drie kollegas gedeel en is onmiddellik in die Milpark-hospitaal getoets nadat sy siek geword het.

Die JMPD word daarvan beskuldig dat hy nagelaat het om die beamptes wat met haar in kontak was, dadelik in self-isolasie te plaas en hulle toegelaat het om met hul werk voort te gaan. Haar kollegas is eers vier dae later getoets en al drie se uitslae was positief.

Een van die vier beamptes is in self-isolasie in ’n mediese gerief in Johannesburg terwyl die ander drie in kwarantyn is.

“Toetse is die afgelope Maandag op 107 lede gedoen om die verdere verspreiding van die virus te bekamp,” het Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, Vrydag gesê.

Hoewel hy ontken dat die JMPD nie die nodige stappe gedoen het om sy personeel te beskerm nie, kon hy nie verduidelik waarom daar nie vinniger opgetree is om die drie beamptes te isoleer nie.

“Gesondheidswerkers doen daagliks siftings in die JMPD-kantore en op plekke soos padblokkades omdat beamptes wat in aanraking met die publiek kom, ’n groter kans het om die koronavirus op te doen,” het ’n metropolisielid, wat anoniem wil bly, gesê.

“Dit is maklik om die skuld op die JMPD te pak, maar die beamptes wat op voetsoolvlak werk, het ook ’n verantwoordelikheid om alles in hul vermoë te doen om die verspreiding van die virus te beperk.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Metropolisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.