Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Minder volgende week in W-Kaap ingeënt

Die inenting teen Covid-19 in die Wes-Kaap sal voorlopig stadiger geskied omdat minder entstof van die nasionale regering ontvang is.

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het Vrydag in ’n verklaring gesê nadat die teikens vir die aantal inentings die afgelope twee weke oorskry is, sal dit nou eers verlangsaam moet word.

Tussen 17 Mei en 3 Junie is 196 560 dosisse Pfizer-entstof ontvang, waarvan 167 886 toegedien is.

Noudat die inentingsprogram momentum begin kry het, is daar egter minder entstof beskikbaar en die beoogde teiken om 120 000 inentings te doen, moes tot 70 000 verlaag word.

Donderdag is 49 140 dosisse ontvang wat van 14 tot 18 Junie toegedien sal word.

’n Totaal van 259 618 mense is reeds in die Wes-Kaap ingeënt.

Die gesondheidsdepartement sê die aflewering van Johnson & Johnson-entstof is vertraag. Dit beteken al is daar meer sentrums waar mense ingeënt kan word, sal daar nie soveel ingeënt word as wat gehoop is nie.

In die Wes-Kaap is daar 182 openbare inentingsentrums en nog sewe sal volgende week oopgestel word. Weens die tekort aan entstof was van die sentrums nie die hele week oop nie.

In die private gesondheidsektor is daar vandeesweek 26 sentrums oopgestel en namate meer entstof beskikbaar raak, behoort dié getal ook te vermeerder.

Alan Winde, Wes-Kaapse premier, het gesê in die Kaapstad-metro was daar ’n weeklikse toename van 30% in Covid-19-gevalle. Die styging in die getal mense wat besmet word, word in ál die sub-distrikte waargeneem, buiten in Khayelitsha.

Ook in die landelike dele, met die uitsondering van die Sentraal-Karoo, kom al hoe meer gevalle voor.

Winde het Donderdag in sy weeklikse inligtingsessie oor die situasie in die Wes-Kaap gesê Covid-19-pasiënte is sowat 7% van al die pasiënte wat in openbare hospitale in sowel die metrogebied as die platteland behandel word.

  • Teen Vrydag om 13:00 was daar 6 430 aktiewe gevalle van mense in die provinsie wat positief getoets is, ’n toename van 322 nuwe gevalle sedert Donderdag.

Daar is 1 041 pasiënte met die virus in openbare hospitale in die provinsie met 257 pasiënte in hoësorgeenhede.

Meer oor:  Pfizer  |  Wes-Kaap  |  Inenting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.