Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Minister sê jammer oor man wat in Alex sterf

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, het die land Donderdag om verskoning gevra vir ’n voorval verlede naweek in Alexandra naby Johannesburg waarin ’n man na bewering aan die hand van soldate dood is.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, Donderdagmiddag op ’n mediakonferensie in Johannesburg.Foto: GCIS

Die minister het in Pretoria gesê dit is iets wat nie moes gebeur het nie.

“Ons buig ons koppe in skaamte omdat iemand dood is.”

Die dood van Collins Khoza op Paasvrydag word deur die polisie, die militêre polisie en die militêre ombudsman ondersoek, het Mapisa-Nqakula op ’n nuuskonferensie gesê.

News24 het vroeër berig Khoza is glo aangerand omdat hy en ’n vriend in ’n erf gesit en drink het.

Volgens die minister het brig.genl. Monwabisi Jamangile, die kapelaan-generaal van die weermag, reeds Khoza se familie besoek. Hy en sy afvaardiging is goed ontvang, daar was geen bitterheid nie en die familie het die regering se medelye aanvaar.

“In sulke gevalle moet die reg sy gang gaan.”

Mapisa-Nqakula het gesê sy probeer nie regverdig of verdedig wat gebeur het nie, maar het ’n beroep op mense gedoen om in hul huise te bly en nie in die strate rond te dwaal om te sien wat die polisie en die soldate doen nie.

“Ons is nie ’n onsensitiewe regering nie. Ons ís baie sensitief. Gee ons tyd om die omstandighede te ondersoek oor hoe die man in Alex dood is.”

Die minister sê niemand weet wanneer die pandemie verby sal wees nie. Daarom is dit belangrik dat mense nie op straat ronddwaal nie.

“Ons moet bid vir die land, Afrika en die res van die wêreld. Iemand het al gesê dit is die einde van die wêreld, maar ons as Suid-Afrikaners is vasberade om hierdie ding te oorwin.

“As ons saamwerk en saam bid, kan ons dit oorwin wat die wêreld tans verlam,” het Mapisa-Nqakula gesê.

Meer oor:  Weermag  |  Soldate  |  Nosiviwe Mapisa-Nqakula  |  Alexandra  |  Johannesburg  |  Covid-19-Virus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.