Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Mkhize: ‘Beperkings op drank, kerk, reis heroorweeg’

Suid-Afrika is gereed vir vlak 1 van die nasionale ramptoestand weens die koronavirus-pandemie, meen dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid.

Hy het Maandagaand in ’n verklaring verduidelik in hoe ’n mate die Covid-19-infeksies in die land afneem.

Volgens Mkhize word minder as 3 000 gevalle per dag sedert 22 Augustus in Suid-Afrika aangemeld. Dit is teenoor die piek in Julie toe tussen 10 000 en 15 000 gevalle per dag aangemeld is.

“Die departement van gesondheid oorweeg dit om maatreëls rondom die aandklokreël, alkoholverkope, godsdienstige byeenkomste en reisbeperkings te lig. Die Nasionale Covid-bevelsraad (NCCC) sal die finale aanbevelings aan die kabinet maak.

“Watter besluit ook al geneem word, is dit belangrik om te beklemtoon dat die risiko van die verspreiding en die opdoen van Covid-19 steeds daar is. Ons moet leer om met die virus saam te leef,” het hy gesê.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid Foto: Getty Images

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week gesê dat hy vandeesweek met die land oor ’n moontlike skuif na vlak 1 gaan praat.

Mkhize het gesê die verslag van die span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) wat in Suid-Afrika kom help het, bevestig die afname in die gevalle.

Die verslag verskaf inligting oor Suid-Afrika se vordering in die 37ste week van die pandemie.

“Volgens die verslag was daar die afgelope twee weke ’n 42%-afname in gevalle, terwyl die dodetal met 28,9% gedaal het.”

Mkhize het gesê dat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NCID) ’n verslag uitgereik het, wat toon dat hospitaalopnames ook afneem. Die NCID het landwyd na die inligting van 459 private en staatshospitale gekyk.

Volgens die verslag is minder mense in die afgelope tyd in die algemene afdeling van die hospitale asook die waakeenhede opgeneem.

“Die ontslagkoers uit hospitale was 75%, terwyl die sterftesyfer in die hospitaal 17,5% was. Die gemiddelde ouderdom vir opnames was tussen 50 en 59 jaar en die gemiddelde ouderdom van die sterftes was tussen 60 en 69 jaar.

Tussen 6 400 en 6 800 mense per week is tydens die piek van die epidemie in die hospitaal opgeneem.

“Tussen 6 400 en 6 800 mense per week is tydens die piek van die epidemie in die hospitaal opgeneem.”

Die WGO se span sê ook in sy verslag dat waakeenheid-opnames met 13,9% in die 37ste week gestyg het, terwyl algemene opnames in dieselfde tyd met 43% gedaal het.

Volgens Mkhize neem die vraag na beddens en suurstof in hospitale ook af.

Hy het Suid-Afrikaners aangeraai om voort te gaan om die basiese dinge, soos die was van hande en ’n gesonde afstand, te doen om die oordrag van die virussiekte te verminder.

“Die oplewing van ’n tweede vlaag kan baie erger as die eerste vlaag van infeksies wees. Ons moet dit altyd onthou. Die belangrikste is dat ons mekaar moet aanmoedig en daaraan moet herinner dat hierdie eenvoudige ingrypings ’n belangrike deel van ons nuwe bestaan is.”


Nuwe gevalle en sterftes


• Nog 52 sterftes is landwyd in die voorafgaande 24 uur aangemeld, volgens die jongste inligting van die nasionale departement van gesondheid. Daar is tot dusver 15 499 bevestigde Covid-19-sterftes in die land.

• Die herstelkoers is 88,9% nadat 579 289 mense herstel het.

• Luidens die jongste data is 956 nuwe gevalle in die voorafgaande 24 aangemeld. Die kumulatiewe gevalle in Suid-Afrika is 650 749.


Meer oor:  Zweli Mkhize  |  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Vlak 1  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.