Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Moeg en buierig ná jou siekte? Jy het dalk ‘lang Covid’

Om Covid-19 te oorleef, beteken nie noodwendig dat jy nou heeltemal gesond is nie.

Meer as 23% van Covid-19-pasiënte ervaar nog simptome drie maande nadat hulle van die siekte herstel het.

Die verskynsel word lang Covid genoem en prof. Guy Richards, emeritus professor in kritieke sorg verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, sê nuwe navorsing wys dat mens aan een van twee tipes lang Covid kan ly.

Die eerste is wanneer pasiënte meetbare simptome het soos hart- of longversaking. Volgens Richards kom dit voor in pasiënte wat ernstig siek was en waarskynlik aan ’n ventilator gekoppel was.

Die tweede tipe kom meer chronies voor en sluit simptome in soos erge moegheid, angs, buierigheid, kortasemrigheid en “breinmistigheid” – ’n neurologiese toestand waar mense voel asof daar mis oor hul brein hang.

lang covid

Richards sê dít is die algemeenste vorm van lang Covid omdat dit in mense voorkom wat ligte tot matige simptome ervaar het.

Volgens navorsing wat deur hom en sy kollegas aan Wits gedoen is en wat vir publikasie in die Wits Mediese Joernaal goedgekeur is, ly veral jonger mense aan lang Covid.

Daar is nog geen spesifieke behandeling nie en dikwels word slegs die simptome behandel. Dit sluit volgens Richards in die gebruik van nikotiensuur, sink en vitamine D.

In gevalle waar Covid-19 fibrose in die longe veroorsaak het, kan longbeskermende ventilasie en kortikosteroïede moontlik gebruik word.

Hy sê dit is belangrik om ’n dokter te gaan spreek indien jy voel dat enige simptome buite beheer raak.

Meer oor:  Oorleef  |  Pandemie  |  Gesond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.