Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Moenie laks raak met maatreëls – WGO

Lande moet nie laks raak en Covid-19-maatreëls verslap nie omdat daar moontlik derde en vierde vlae van die virussiekte kan uitbreek, al is daar nou entstowwe wat toegedien word.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is veral bekommerd oor die situasie in Brasilië en meen die virus kan vanaf dié land na ander lande versprei.

Brasilië het ook ’n virusvariant in sy land aangemeld.

Die WGO het Vrydag op ’n mediakonferensie gesê lande moet steeds aanhou om Covid-19 te bestry, al is daar nou entstowwe om in die stryd te help.

“Ons dink ons is deur die storm. Ons is nie,” het dr. Mike Ryan, hoof van die WGO se noodgevalleprogram, op die aanlyn mediakonferensie gesê.

“Lande gaan deur derde en vierde vlae gaan as hulle nie versigtig is nie,” het hy gewaarsku.

Brasilië het hierdie week ’n rekordgetal sterftes aangemeld, met sy gesondheidstelsel wat op die punt van ineenstorting is weens sy virusvariant, wat meer oordraagbaar is.

Luidens die WGO se statistieke het die wêreld se infeksies vir ses weke afgeneem, maar het infeksies verlede week weer begin toeneem, al is lande besig met hul inentingsprogramme.

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO). Foto: Reuters

“Dit is nie nou die tyd vir Brasilië of enige ander land om te ontspan nie. Die entstowwe bring hoop.”

Ryan meen egter entstowwe kan daartoe lei dat mense laks raak wat maatreëls betref.

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO, het gesê die situasie in Brasilië is “baie kommerwekkend” en burgers gewaarsku dat die virus na ander lande kan versprei.

“As Brasilië nie ernstig optree nie, sal dit aanhou om alle buurlande en ander lande te affekteer,” het hy gesê. –Reuters

Meer oor:  Infeksies  |  Hospitaal  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.