Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Motorfietse ‘eerder kliniek as ambulans’

Die Oos-Kaap se “ambulansmotorfietse” wat drie weke gelede met groot fanfare in Oos-Londen bekend gestel is as ’n groot hulpmiddel in dié provinsie se stryd teen Covid-19, is nie vir Covid-19-pasiënte ontwerp nie.

Die gesondheidsdepartement en die verskaffer sê nou die provinsie kry eintlik ’n ander soort motorfiets, wat ontwerp is vir die primêre gesondheidsektor.

Die motorfietse sal oor ’n kontraktydperk van drie jaar aan die provinsie gelewer word en 150 mense moet nog gewerf en opgelei word om hulle te kan hanteer.

Die motorfietse het skerp kritiek ontlok.

Jane Cowley, Oos-Kaapse DA-woordvoerder oor gesondheid, sê in ’n tyd wanneer alle personeel op die verbetering van die provinsie se reaksie op Covid-19 moet fokus, is dié motorfietse aangekoop waarmee gehoop word om dienste in afgeleë gebiede in die provinsie te verbeter. “Die geld sou baie beter bestee kon word aan beskermingstoerusting vir ons nooddienswerkers,” sê sy.

Volgens die departement sal die fietse uitgerus word met beddens, opslaan-afdakke en stoele, wat in gemeenskapsuitreikprogramme gebruik kan word.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die Oos-Kaap se gesondheidsdepartement, sê hulle wil dienslewering verbeter aan mense wat dit nodig het en dit word lank reeds beplan.

Brian Harmse, besturende direkteur van Fabkomp, sê hy het die tender gekry vir ’n motorfiets met ’n sywa wat as “kliniek” kan dien. Hulle kos R82 250 stuk. Die fietse wat by die bekendstelling gewys is, is die “ambulansweergawe” van R68 811, sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.