Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Inentings: MRK gee 'dringend aandag’ aan klag oor pas

Die Menseregtekommissie (MRK) sal “dringend aandag skenk” aan die DA se klag waarin hy die kommissie versoek om die regering se inentingsprogram te ondersoek.

Die klag is vandeesweek deur die DA ingedien weens die stadige pas van koronavirusinentings en omdat die inentingsteikens vir Maart nie gehaal kon word nie.

Chris Nissen, kommissaris van die MRK, het Donderdag gesê die klag word as uiters belangrik geag en daarom sal die MRK se hoofkantoor dit prioritiseer.

“Soos met alle klagte sal dit eers geassesseer word voordat daar besluit word om dit te ondersoek.”

Die DA voer aan die MRK het die mandaat om die ondersoek te doen omdat die reg op toegang tot gesondheidsorg ter sprake kom.

Sowat 278 909 van die land se sowat 1,2 miljoen gesondheidswerkers is teen Woensdagaand as deel van die eerste fase van die regering se inentingsveldtog teen Covid-19 ingeënt.

Verskeie Afrikalande, insluitende Zimbabwe, wat gebruik maak van die Chinese entstof Sinovac, het al ’n groter persentasie van hul bevolkings as Suid-Afrika ingeënt.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het vroeër gesê Suid-Afrika se inentingsprogram sal tussen April en Junie spoed optel wanneer groot besendings entstowwe na verwagting gelewer sal word.

Volgens Nissen kom die klag in ’n tyd dat die MRK self gesprekke oor die monitering van die inentingsprogram voer.

“Ons het meer as 550 moniteerders oor die land heen en wil onder meer die plekke monitor waar inentings gedoen word om te kan bepaal of alles veilig geskied.”

Die MRK sal ook provinsiale regerings vra om hul planne vir inentings in te dien sodat die MRK kan bepaal hoe die uitvoering van die planne gemonitor kan word.

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - MARCH 11: Health Wor
Mediese werkers by Netcare se Milpark-inentingsentrum in Johannesburg. Foto: Gallo Images

Meer oor:  Gesondheid  |  Mrk  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Politiek  |  Da  |  Inentings  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.