Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nasionale listeriose-krisis is verby

Die nasionale listeriose-uitbraak is amptelik verby, het die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoalidi, Maandag bekend gemaak.

Daar is die afgelope drie maande geen nuwe gevalle aangemeld nie, het hy op 'n mediakonferensie gesê.

Die aankondiging beteken dat verwerkte vleis weer vervaardig kan word, maar mense moet let op veilige gebruik van kos, want die siekte is nie heeltemal weg nie.

Ondersoekers kon nie presies vasstel waar listeriose uitgebreek het nie, het Motsoaledi gesê.

Altesame 62% van die gevalle was in Gauteng en sowat 900 gesondheidsinspekteurs is heropgelei.

Daar is 157 fabrieke geïdentifiseer met listeria en meer as 12 000 ton kos is herroep en vernietig.

Meer oor:  Listeriose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.