Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nasionale plan om selfdood te voorkom, nodig in SA

Al is daar byna elke uur iemand in Suid-Afrika wat weens selfdood sterf, het die land nie ’n geïntegreerde nasionale plan om dit te help voorkom nie.

Dit is Maandag 10 September Internasionale Selfdoodvoorkomingsdag.

Dr. Jason Bantjes, ’n dosent aan die departement sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch, sê selfdood is ’n ernstige openbare gesondheidsprobleem. Maar hoewel 80% van selfdoodgevalle in lande met ’n lae- en middel-inkomste, het min van dié lande ’n nasionale strategie vir die voorkoming daarvan.

Bantjes doen navorsing oor die voorkoms en voorkoming van selfdood.

Die staat het beleid soos die Nasionale Geestesgesondheidsbeleidsraamwerk en -Strategiese Plan, asook ander strategiedokumente oor die voorkoming van geweld en beserings, maar dit hanteer selfdood net gedeeltelik.

“Hierdie raamwerke ontbreek egter aan genoeg besonderhede oor die voorkoming van selfdood om doletreffende plaasvervangers te wees vir ’n nasionale selfdoodvoorkomingstrategie wat gefokus, omvattend en op bewyse gegrond is.

“Só ’n strategie is van kritieke belang veral in ag genome die Wêreldgesondheidsorganisasie se beraming dat 800 000 mense wêreldwyd elke jaar hulself om die lewe bring en dat dit die naasgrootste oorsaak van sterftes onder 15 tot 29-jariges is.

“Vir elke selfdood is daar na raming minstens 20 pogings. Elke selfdood raak ’n groter groep mense. Sommige studies toon dat soveel as 35 mense ernstig geraak word deur elke selfdood.

“Uiters belangrik is die feit dat ’n nasionale strategie lei tot aanspreeklikheid deurdat diegene wat vir die voorkoming van selfdood verantwoordelik is, duidelik te identifiseer.”

Bantjes meen dít is veral belangrik wanneer daar bepaal moet word hoe om bewysgegronde ingryping aan te pas om te verseker dat dit kultureel aanvaarbaar en kontekssensitief is vir gebruik in Suid-Afrika.

Nieregeringsorganisasies soos die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsstoornisgroep (Sadag) ontvang tot 600 oproepe van desperate mense per dag, en dié organisasie benodig R80 000 per maand net om sy noodoproeplyne te bedryf.

Sadag sê hulle word oorval deur oproepe van mense wat depressief is, verkrag en geboelie word, nie gesondheidsorg kan bekostig nie, alleen is, of nie die dood van geliefdes kan verwerk nie.

Sowat 75% van mense wat hulself om die lewe bring, vertel vooraf vir iemand dat hulle dit gaan doen.

Lees hier meer http://www.sadag.org/

Meer oor:  Selfdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.