Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Navorsing bewys borrie se gesondheidswaarde

Kurkumien in borrie kan help om die brein te beskerm teen ’n reeks neuro-degeneratiewe siektes, insluitend neuro-toksisiteit wat deur aluminium veroorsaak word.

Dit is die gevolgtrekking wat gemaak word na toetse op ’n kombinasie van aromatiese molekules genaamd turmeroon en gesuiwerde vlugtige olie van borrie.

Borrie se aktiewe bestanddeel kurkumien is ’n anti-oksidant met sterk anti-inflammatoriese eienskappe.

Die belangrikste bronne van blootstelling aan aluminium is kookgerei, skoonheidsmiddels en farmaseutiese produkte.

Volgens die betrokke navorsers kan die chroniese blootstelling aan aluminium ’n neuro-inflammatoriese reaksie veroorsaak wat tot oksidatiewe spanning lei. Dit verhoog die risiko vir neurale skade wat tot ’n aantal neuro-degeneratiewe siektetoestande soos Alzheimer se siekte, Parkinson se siekte en veelvuldige sklerose kan lei.

“Kurkumien is bekend vir sy vermoë om aan metale soos aluminium te bind en kan dus beskerming bied teen die toksiese effekte van die metaal,” verduidelik dr. David Banji, hoofnavorser.

Banji en sy span navorsers het vasgestel dat ’n oplossing van turmeroon en gesuiwerde vlugtige olie van borrie oor ’n tydperk van 45 dae die toksiese effekte van die ophoping van aluminium in die brein doeltreffend verminder.

Volgens Banji werk die oplossing beter as om net kurkumien in te neem omdat laasgenoemde te vinnig deur die mens se spysverteringskanaal beweeg.

Bronne: Longevitylive en Prneswire.



Meer oor:  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.