Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
NDZ waarsku oor 'dodeliker, vinniger' tweede vlaag

Die individuele optrede van elke Suid-Afrikaner sal bepaal of Suid-Afrika ’n tweede, “dodeliker en vinniger” vlaag van infeksies van die koronavirus sal ervaar of nie, sê dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

Dlamini-Zuma, wat ook verantwoordelik is vir die regulasies van die huidige staat van inperking in die land, het bogenoemde Dinsdagoggend gesê toe sy die hoofrede van die Nasionale Raad van Provinsies se aanlyn Plaaslike Regeringsweek-program gelewer het. Die program se tema is: “Om bekwame en finansieel gesonde munisipaliteite te verseker.”

Sy het gesê vanjaar se Plaaslike Regeringsweek vind onder die mees ongewone omstandighede plaas soos wat Covid-19 die wêreld en Suid-Afrika verniel het.

Sy het Suid-Afrikaners van alle rasse, klasse en geslagte bedank vir die opofferings wat hulle in die stryd teen die pandemie gemaak het. Dit het volgens haar daartoe gelei dat die land die verspreiding van die virus beter kon bestuur en tot die huidige herstelvlak van 87% beperk.

Sy het dit egter duidelik gemaak dat die vermyding van ’n tweede vlaag van infeksies nou in die landsburgers se hande is.

“Ons moet die gesondheids- en higiëniese protokol strenger toepas. Ons moet ons maskers ten alle tye dra, selfs wanneer ons by vriende en familie kuier. Ons moet verseker dat ons sulke kuiers tot minder as tien mense beperk en dit nie in partytjies, ensovoorts, omskep wat die risiko van infeksies verhoog nie.

“Ons moet ook altyd ons hande was, oppervlakke ontsmet, ’n gesonde afstand handhaaf en nie groot saamtrekke bywoon nie. Daarvan word net begrafnisse en troues toegelaat wat steeds net deur 50 mense onder streng gesondheidsprotokol bygewoon mag word,” sê Dlamini-Zuma.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Nkosazana Dlamini-Zuma  |  Covid-19  |  Gesondheid  |  Koronavirus  |  Virus  |  Tweede Vlaag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.