Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nege herstel reeds in VS van Covid-19
Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag was Maandag oral in die Rosestad sigbaar. Foto: Mlungisi Louw

Altesaam nege Vrystaters het tot dusver volkome herstel van die gevreesde Covid-19-virus wat sedert Desember wêreldwye chaos veroorsaak.

Teen Maandagaand is 72 mense in die provinsie positief vir die siektetoestand getoets, terwyl ses Noord-Kapenaars die virus onder lede het.

Volgens Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, is dié herstelsyfer ’n boodskap aan enigiemand wat positief vir die virus getoets is.

“Dit is moontlik om van die uitwerking van die virus te herstel.”

Die polisie, weermag en verkeersdienste het verskeie Vrystaters in die Bloemfonteinse middestad voorgekeer en gevra hoekom hulle te midde van die inperking steeds in die stad ronddwaal.Foto: Mlungisi Louw

Hy het egter benadruk dat die herstel te danke is aan die samewerking van inwoners en regulasies wat deur pres. Cyril Ramaphosa met die nasionale inperking afgekondig is, asook kliniese advies.

Mvambi sê die versterking van die gesondheidsdepartement se spanne het positiewe resultate teweeggebring en het verseker dat mense wat in verbinding was met diegene wat die siekte opgedoen het, opgespoor word en toetse ondergaan.

“Tot op hede het die departement 256 mense getoets en 966 nagespoor. Altesaam 2 767 het siftingstoetse ondergaan.”

Hy sê daarmee saam het die departement ook 25 opsporingspanne, wat uit 125 lede bestaan, in die Mangaung-metro saamgestel, wat die hoogste aantal positiewe gevalle van die virus het.

H

In Hennenman was dit Maandag bedrywig met pensioentrekkers wat by die drie supermarkte en apteek tougestaan het.Foto: Alet van der Walt

ulle word verder bygestaan deur 95 vrywilligers van die Suid-Afrikaanse Rooi Kruis, asook 30 ander kundiges van die gesondheidsdepartement.

Hillary Mophete, woordvoerder van die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer, sê 398 mense is oor die naweek vir verskeie oortredings wat verband hou met die nasionale staat van inperking, in die Vrystaat in hegtenis geneem.

Hoewel die strate in die streek oor die algemeen verlate is, het mense tougestaan om met hul Sassa-geld inkopies te doen.

Alet van der Walt berig dat dit ook die geval was in Hennenman en Welkom, hoewel min maskers te sien was.

Die winkels reinig alle inkopiegangers se hande, maar van die handhawing van ’n veilige afstand was daar ook min sprake.

In Welkom het mense maklik 50 m ver in ’n ry gestaan om by Boxer Stores, ’n bekende plaaslike winkel, in te kom.

Voor Hennenman se apteek het bejaardes en vroue met kinders tougestaan om verkoue- en griepmedisyne te koop.

Meer oor:  Vrystaat  |  Koronavirus  |  Covid-19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.