Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nehawu: ‘Bring Kubaanse medisyne!’

Die munisipalewerkersvakbond Nehawu het ’n beroep op die regering gedoen om medisyne uit Kuba in te voer om die koronavirussiekte Covid-19 hok te slaan en wat doeltreffend is in die behandeling van die siekte.

Nehawu

Die middel Interferon Alfa 2B is glo veral baie doeltreffend en is deur China ingespan toe die virus daar uitgebreek het.

Die Britse sosialisties-gesinde koerant Morning Star berig die Kubane het dié middel ook na Italië geneem. Die Italianers loop erg deur onder Covid-19.

Die Kubane het die middel Interferon B glo al in 1986 ontwikkel.

Navorsers oor die wêreld heen sê egter ’n doeltreffende teenmiddel sal waarskynlik nie binne 12 tot 18 maande beskikbaar wees nie.

Op sy beurt het Nehawu aangekondig dat hy in die lig van die pandemie besluit het om sy kongres wat later vandeesmaand sou plaasvind, tot later uit te stel.

Sowat 600 mense sou die kongres in Mahikeng, Noordwes, bywoon.

Die EFF sê hy sal ook geen groot byeenkomste en saamtrekke aanbied nie totdat die krisis verby is.

Die vakbond Popcru waarsku op sy beurt die pandemie kan ’n negatiewe invloed hê op die land se strafregstelsel.

Popcru sê in ’n verklaring hy hoop die polisie sal alles moontlik doen om polisiebeamptes teen die virus te beskerm.

Hy vra ook die departement van justisie en korrektiewe dienste moet alternatiewe maniere soek sodat korrektiewe instellings wat oorbevolk is en te min personeel het, nie ’n bron vir die verspreiding van die virus word nie.

Die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling (Nepad) het Dinsdagoggend ná sy vergadering Maandag in ’n verklaring gesê daar sal op alle vlakke van die samelewing saamgewerk moet word om die krisis te oorkom.

Sowat 60 leiers uit die sakewêreld, die arbeidsektor, die regering en burgerlike organisasies het die vergadering bygewoon.

Op die vergadering is besluit Nepad moet dringend ’n Nedlac-reaksiespan op die been bring om die uitdagings wat die land in die gesig staar, aan te pak.

* Intussen het pres. Cyril Ramaphosa gevra dat ’n vergadering van kommissarisse van die Afrika-Unie (AU) in Addis Abeba, Ethiopië, wat Donderdag sou plaasvind, uitgestel word omdat die virus nou sy volle aandag in Suid-Afrika benodig.

Meer oor:  Nehawu  |  Kuba  |  Koronavirus  |  Covid-19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.