Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Netcare skort besoektye op te midde van Covid-19
Nedcare
Nedcare Greenacres-hospitaal.

Alle besoektye by Netcare-hospitale landwyd is opgeskort.

Dr. Richard Friedland, uitvoerende hoof van Netcare, sê hulle moet buitengewone stappe doen om pasiënte sowel as verpleegpersoneel teen Covid-19 te beskerm.

Besoektye by gewone sale, hoësorg- en waakeenhede in Netcare-hospitale is van Woensdagoggend afgestel.

Daar is ’n uitsondering gemaak vir kraamsale en neonatale waakeenhede, waar slegs een ouer op ’n slag by ’n pasgebore baba toegelaat sal word.

Friedland sê die ouer wat toegelaat word, mag geen blootstelling aan die koronavirussiekte gehad het nie.

“Baie streng infeksiebeheermaatreëls is in plek om te verhoed dat babas siek word.”

Geen grootouers of boeties of sussies van pasgebore babas word meer in Netcare-hospitale toegelaat nie.

Pediatriese sale

In pediatriese sale sal ook slegs een ouer op ’n slag toegelaat word by ’n kind.

“Die ouer mag ook geen blootstelling aan die koronavirus gehad het nie.”

Friedland sê in die geval van pasiënte wat kritiek siek is, sal familielede by die betrokke hospitaal se bestuurder moet toestemming kry om die pasiënt te mag besoek.

“Die minimum familielede sal toegelaat word en hulle sal maskers moet dra.”

Netcare kon teen Woensdagmiddag nie duidelikheid gee oor of nienoodsaaklike operasies soos mangeloperasies in hul hospitale sal voortgaan gedurende die 21 dae van nasionale inperking nie.

Michelle Norris, bemarkingsbestuurder van Netcare, sê daar sal so vinnig as moontlik inligting hieroor verskaf word.

Dr. Stefan Smuts, hoof van kliniese dienste by Mediclinic, sê besoektye is aangepas tot slegs twee tye per dag. Besoekers sal van 15:00 tot 16:00 en weer van 19:00 tot 20:00 toegelaat word. Slegs een besoeker per pasiënt word toegelaat.

Noodgevalle

Indien iemand na ’n noodgevalle-eenheid by ’n Mediclinic-hospitaal geneem word, mag daar slegs een persoon by die pasiënt wees. Toegang by alle MediClinic-hospitale sal verder beheer word deurdat daar slegs van een ingang gebruik gemaak sal word.

Smuts sê geskeduleerde operasies is nie gekanselleer nie. “Die besluit is egter onderworpe aan verandering en sal waarskynlik op kort kennisgewing kan verander.”

Life Healthcare is luidens hul webtuiste ook voorbereid indien Covid-19-pasiënte in hul hospitale opgeneem word. Geen verdere inligting is egter beskikbaar oor of roetineoperasies sal voortgaan in die tyd van inperking nie.

Die gesondheidsdepartement in Limpopo het reeds verlede week besoektye by staatshospitale na net ’n uur per dag verminder. Slegs twee familielede word per pasiënt toegelaat.

Meer oor:  Besoektye  |  Nedcare  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.