Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Neurochirurg maak geskiedenis in SA

Stel jou voor jou brein is een groot stad vol kleiner dorpe. Die dorpe word met verskeie paaie aan mekaar verbind en hoewel motoriste, of in die geval senu-impulse, hoofweë verkies, is daar tog alternatiewe roetes wat dit kan volg.

Dr. Christos Profyris saam met die magneet (links) en breinkaarte (regs) wat hy gebruik om magnetiese breinstimulerings te doen. Foto: Verskaf

So verduidelik dr. Christos Profyris (38), ’n neurochirurg van Johannesburg, die nuwe magnetiese breinstimuleringsbehandeling gegrond op gevorderde kartering van die brein. Dit word vir pasiënte met breinbeserings, depressie, neurologiese angs en soortgelyke siektes, gebruik. Dié behandeling is ’n eerste vir Suid-Afrika en volgens Profyris, ’n eerste vir Suider-Afrika.

Profyris sê hoewel dit nie ’n “wonderkuur” is nie, dit uitstekende resultate oplewer, soveel so dat die Milpark-hospitaal in Johannesburg nou ’n kliniek bou waar die behandelings gaan plaasvind.

Profyris het die tegniek verlede jaar in Australië aangeleer, terwyl hy besig was om opleiding te ontvang in sleutelgatbreinchirurgie.

Hy verduidelik dat hulle breine met behulp van funksionele MRI-skanderings bestudeer. “Sekere gedeeltes (dorpe) word verlig op die skanderings wanneer die mens sekere take verrig of wanneer jou brein in ’n sekere toestand verkeer, byvoorbeeld slaap.”

Die senu-impulse bereik gewoonlik die dorp deur die hoofweg te gebruik. Wanneer jy egter ’n neurologiese besering het of aan ’n neurologiese toestand ly, is hierdie hoofweg toe.

Om alternatiewe roetes te vind plaas Profyris ’n magneet op die pasiënt se voorkop. Die posisie van die magneet word vooraf bepaal deur die breinkaarte wat deur die MRI-skanderings verkry is.

Die magneet stuur elektriese strome deur die skedel tot in die brein om agterpaadjies te vind. Dit skep met ander woorde ’n nuwe weg vir die senu-impulse om te beweeg en dan by die dorpe uit te kom.

“Die kern daarvan is dat ons roetes in die brein vernuwe,” sê Profyris.

Dr. Christos Profyris verduidelik hoe netwerke in die brein werk. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Profyris sê hy was self eers baie skepties toe hy van die prosedure hoor, “maar ons as chirurge moet besef ons weet eintlik nog so min van die brein – ’n nimmereindigende, komplekse struktuur”.

Toe hy egter sien dat die behandeling reeds suksesvol was in sekere pasiënte, het hy geweet hy kan nie die geleentheid mis om meer van die brein te leer nie.

“Deur die gevorderde kartering van die brein kan ’n mens beter verstaan hoe die brein funksioneer. Dit bied nie net vir my die geleentheid om my kennis as chirurg op te skerp nie, maar ook om baie pasiënte te help,” sê Profyris.

Dit is ook een van die redes waarom hy na Suid-Afrika verhuis het. “Hier kan ’n mens ’n daadwerklike verskil maak in pasiënte se lewe.”

Profyris is in Australië gebore, maar het in Griekeland grootgeword.

Ná skool is hy na Engeland waar hy sy mediese studies by die Cambridge en Oxford-Universiteit voltooi het.

Hy het besluit om sy internskap in Suid-Afrika te doen en het, onder meer, ’n meestersgraad in gevorderde breinchirurgie van die Universiteit van die Witwatersrand, verwerf.

Profyris sê hy was met die aanvang van sy mediese loopbaan reeds passievol en opgewonde oor breinchirurgie.

Afgesien van sy praktyk by die Linksfield-hospitaal en die werk wat hy by Milpark doen, is Profyris ook die hoof van die neuro-afdeling by die Helen Joseph-staatshospitaal.

Meer oor:  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.