Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Noakes en RGB stamp weer koppe

Die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) begin vandag sy appèl nadat prof. Tim Noakes verlede jaar onskuldig bevind is op verskeie aanklagte, onder meer wangedrag.

Dit kom nadat ’n onafhanklike paneel van die RGB hom op 21 April onskuldig bevind het. Vier van die vyf paneellede het ten gunste van Noakes beslis en een lid het gemeen hy is skuldig.

Die appèl word van Woensdag tot Vrydag in Pretoria aangehoor en volgens Noakes se regsverteenwoordiger, Adam Pike, sal die uitslag eers oor ’n maand of meer verwag word.

Die agtergrond spruit uit ’n klag deur Claire Julsing-Strydom, voormalige president van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika, in 2014 ná ’n twiet van hom. Sy het gesê Noakes het mediese raad via Twitter gegee en daarom moet hy aan wangedrag skuldig bevind word. Julsing-Strydom het later uitgetree en die RGBSA het die klag as klaer oorgeneem.

Prof. Tim NoakesFoto: Volksblad

Pippa Leenstra het in 2014 vir Noakes op Twitter raad oor borsvoeding en sy dieet gevra.

Haar twiet het soos volg gelui: “@ProfTimNoakes @SalCreed is LCHF eating ok for

breastfeeding mums? Worried about all the dairy + cauliflower = wind for babies?? (sic)”

Die RGB voer aan dat die paneel nie hulself behoorlik vergewis het van die feite of die wet nie. En hulle het op onbewese bewyse staatgemaak, asook aannames. Daar is nie behoorlik alle feite oorweeg nie.

Hulle voer ook aan daar is nie nagegaan of Noakes die regte kwalifikasies het om raad te gee oor die voeding van babas en kinders nie. Hulle meen ook dat daar nie bewysgegronde raad gegee is oor voeding van babas nie.

In die redes tot appèl wat 48 bladsye beslaan, vra die RGB vir ’n herverhoor en herevaluasie van die bewyse.

Meer oor:  Tim Noakes  |  Banting  |  Dieet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.