Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Noakes wou net sy naam in ere herstel
Prof. Tim Noakes word deur adv. Rocky Ramdass omhels nadat Noakes onskuldig bevind is.Foto: Ineke Coetzee

Hy wou sy erfenis beskerm. En dit het hom drie jaar geneem, maar prof. Tim Noakes het daarin geslaag.

Noakes is Vrydag onskuldig bevind op aanklagte van wangedrag nadat hy raad aan ’n ma oor borsvoeding op Twitter gedeel het.

’n Onafhanklike paneel het die verhoor wat by die Belmont-konferensiesentrum gehou is tussen die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) en Noakes aangehoor. Die saak het in Februarie 2015 begin.

Die aanklagte teen Noakes spruit uit Claire Julsing-Strydom, die aanvanklike klaer en voormalige president van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika, wat in 2014 die aanklagte teen Noakes ingedien het oor ’n twiet van hom. Sy het aangevoer Noakes het mediese raad via Twitter gegee.

Die paneel het Noakes onskuldig bevind op al die aanklagte.

“Dit is ’n 100%-oorwinning,” sê Noakes.

Hy sê die afgelope drie jaar was moeilik, maar hy en sy vrou het saam besluit hulle wou nie sy erfenis op so ’n manier agterlaat nie en daarom het hulle die klag teengestaan.

“Mense het my as ’n monster probeer uitmaak oor my onkonvensionele raad. Ek was een van die beste wetenskaplikes in die land en toe raak ek ’n idioot.”

Noakes sê daar is ’n prentjie geteken oor hom en hy en sy vrou wou dit regstel.

“Ek is baie verlig en ek is baie trots op en dankbaar vir my regspan. Sonder hulle sou ons nie hier gewees het nie.”

Maryke Gallagher, president van die RGBSA, sê in ’n verklaring hulle respekteer Noakes vir sy werk as ’n sportwetenskaplike en sy manier om onkonvensioneel te dink.

“Maar ons verskil van Noakes oor hierdie kwessie. Ons het geen persoonlike probleem met hom nie. Ons was nog altyd net besorg oor die gesondheid van babas.”

Sy sê die verhoor het baie bewusmaking oor gesondheid geskep, wat ’n positiewe ding is.

Sy is bly die saak is verby en dat daar nou op die belangrike gesondheidsuitdagings gefokus kan word.

Meer oor:  Tim Noakes  |  Ondersoek  |  Naam  |  Dieet  |  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.