Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nog 15 gevalle in N-Kaap bevestig

Die getal bevestigde koronavirusgevalle in die Noord-Kaap het Maandag met 15 toegeneem. Daar is nou 82 gevalle in dié provinsie, van wie 31 mense herstel en een dood is.

Daar is dus nou 50 aktiewe gevalle.

Twee gevalle waaroor daar die naweek onduidelikheid was, is verkeerdelik aan die Noord-Kaap toegeken en is eintlik in Gauteng. Dié statistieke is nou reggestel, sê die Noord-Kaap se departement van gesondheid in ’n verklaring.

Tien van die nuwe gevalle is in die Umsobomvu-munisipaliteit aangeteken, wat Colesberg, Noupoort, Norvalspont, Kwazamuxolo en Masizakhe insluit.

In die Renosterberg-munisipaliteit is drie nuwe gevalle aangeteken, terwyl een nuwe geval in die Dawid Kruiper-munisipaliteit en een in die Gamagara-munisipaliteit aangemeld is.

Die departement herinner in sy verklaring die publiek dat hy nie pasiënte se inligting beskikbaar mag stel nie.

“Die inligting is vertroulik en sal nie aan die publiek bekend gemaak word nie. Ons wil die publiek waarsku dat indien ons daarvan te hore kom dat vertroulike inligting oor pasiënte in ’n ontoepaslike wyse versprei word, die departement van gesondheid so ’n voorval na die Valke se eenheid vir prioriteitsmisdade sal verwys om as ’n strafregtelike klag ondersoek te word.”

Die departement sê dit geld ook inligting wat op sosiale media versprei word.

“Ons word altyd gevra waar pasiënte woon. Ons het egter tot die gevolgtrekking gekom dat dit veiliger is om slegs die munisipaliteite waar pasiënte woon bekend te maak aangesien dit nie die pasiënt se privaatheid skend nie.”

Die departement sê ’n pasiënt se identiteit mag slegs bekend gemaak word indien hy daartoe instem.

Inwoners van die Noord-Kaap is ook gevra om eerder tuis te bly indien moontlik en nie te reis tensy dit werklik noodsaaklik is nie.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Syfers  |  Positief  |  Gesondheid  |  Korona-Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.