Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nóg 2 babas geruil by hospitaal

Die voorval toe twee babas in 2010 in die Tambo Memorial-hospitaal omgeruil is, was nie die eerste by dié staatshospitaal nie.

Nadat Rapport verlede week berig het oor die hartseer van twee ma’s wie se babas in 2010 in die hospitaal omgeruil is, het

dit aan die lig gekom nog ’n ma, wie se kind in 1998 daar gebore is, dagvaar die Gautengse departement van gesondheid vir R1,5 miljoen weens dieselfde fout amper 20 jaar gelede.

dit aan die lig gekom nog ’n ma, wie se kind in 1998 daar gebore is, dagvaar die Gautengse departement van gesondheid vir R1,5 miljoen weens dieselfde fout amper 20 jaar gelede.

Ma C sê sy het alles verloor wat vir haar kosbaar was. Foto: Elizabeth Sejake

Omdat die hospitaal sedertdien hulgegewens van babas wat in daardie tyd daar gebore is, vernietig het, is dit onmoontlik om vas te stel wie die ander omgeruilde baba is.

Ma C* sê nadat haar dogtertjie op 13 September 1998 gebore is, het personeel haar weggevat. Toe hulle haar later terugbring, het sy twee identiteitsbandjies gehad, een om elke arm.

“Ek het agtergekom dat die vanne op die bandjies verskil. Op die een was my van en op die ander een ’n van wat ek nie meer kan onthou nie.

“Ek en die ander vrou het toe destyds gevra wat gaan aan en ons babas is teruggevat deur personeel.

“ ’n Rukkie later het hulle die babas vir ons teruggebring en gesê niks is fout nie, die babas wat ons het, is ons kinders.”

In 2014 het die pa van Ma C se kind haar verlaat en geweier om onderhoud te betaal as vaderskapstoetse nie bevestig dis sy dogter nie. Die toetse het toe gewys nie een van haar twee ouers is haar biologiese ouers nie.

19 jaar lank al sonder haar kind.

“Ons wou dit nie glo nie en het nog toetse gedoen, maar die resultate was dieselfde,” sê Ma C.

“My dogter dink omdat sy by geboorte omgeruil is, is ek nie lief vir haar nie. Dis nie waar nie. Sy haat my en ek weet nie meer wat om te maak nie.

“My lewe is net ’n gemors,” sê sy huilend.

Verlede jaar het haar dogter weggeloop. Sy bel haar soms, maar sy weier om te sê waar sy haar bevind.

“Sy is nou 19 en sê sy het matriek geslaag, maar ek weet nie of dit so is en wat sy doen om aan die lewe te bly nie. Ek het intussen ook ’n ligte beroerte gekry van die skok.”

Volgens Henk Strydom, Ma C se prokureur, is dit baie problematies dat die hospitaal die dokumente van destyds vernietig het.

Ma C kry finansieel baie swaar en bly tans in ’n plakkerskamp in die ooste van Johannesburg.

Die hospitaal het intussen ’n maatskaplike werker beskikbaar gestel om haar by te staan, maar sy sê die hospitaal is ver van haar huis af en sy kan dit nie bekostig om heen en weer te ry nie.

Die maatskaplike werker het haar nog nie by die huis kom besoek nie.

“Ek is al soveel keer sleggesê deur my dogter se pa en my dogter self ook. Die pyn maak my dood en ek kan dit nie meer hanteer nie. Ek het alles verloor wat vir my kosbaar is.”

Die Gautengse departement van gesondheid het teen druktyd nog nie op enige van die bewerings gereageer nie.

* Ma C se naam word op regsadvies weerhou.

suzanne.venter@rapport.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.