Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Polisie in VS sluit nog drie kantore

Nog drie polisiekantore in die Vrystaat is tydelik gesluit weens positiewe gevalle van Covid-19.

Die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein, Zamdela-polisiekantoor in Sasolburg en Bethulie-polisiekantoor in die Suid-Vrystaat is gesluit.

Minstens ses polisiekantore in die Vrystaat is sedert die naweek weens bevestigde gevalle vir ontsmetting gesluit.

Die polisiekantore in Allan­ridge en Kroonstad is ook Maandag tydelik gesluit.

Volgens Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sal die Park­weg-kantoor se werksaamhede vanuit Parkweg 91 plaasvind, die Zamdela-polisielede sal die gemeenskap uit die ou Transnetgebou bedien en die Bethulie-gemeenskap sal uit die kantore van die veediefstal-eenheid, Buitenstraat 28, bedien word

Die alternatiewe nommer van die Parkweg-polisiekantoor is 082 370 9354, dié van die Zamdela-kantoor 082 454 4212 of 082 728 7999 en die Bethulie-kantoor s’n 051 763 7400.

Die kantore sal deeglik ontsmet word en lede sal die nodige Covid-19-protokol volg.

Die gemeenskappe sal op die hoogte gehou word van wanneer die kantore heropen.


Meer oor:  Vrystaat  |  Polisiekantore
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.