Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nog geld in W-Kaap beskikbaar om virus te beveg

Die Wes-Kaap het Woensdag goedkeuring gegee dat bykomende geld beskikbaar gestel word om op die Covid-19-pandemie te reageer.

Alan Winde
Alan Winde, Wes-Kaapse premier. Foto: Edrea du Toit

Die provinsiale tesourie het voorgestel dat onderbesteding op vergoeding vir werknemers van die departemente van gesondheid, maatskaplike ontwikkeling en plaaslike regering in die boekjaar 2019-’20 behou en geherprioritiseer word om vir die krisis te gebruik.

Alan Winde, premier, sê in ’n verklaring dat ander provinsiale departemente ook hul onderbesteding sal konsolideer en hertoewys waar dit benodig word.

Die voorstel maak ook voorsiening daarvoor dat geld wat opsygesit is vir onvoorsiene en onvermybare besteding in die boekjaar 2020-’21 tans vir die pandemie gebruik kan word.

Winde sê die verspreiding van die virus is ’n wekroep “vir almal om die komende staat van inperking te gehoorsaam en tuis te bly”.

“Om ’n veilige afstand tussen mense te handhaaf is die beste hulpmiddel om dié virus in sy spore te stuit.”

Die provinsiale regering se Covid-19-werkgroep is ook hard aan die werk om mediese voorrade aan te vul en het R45 miljoen se bestellings vir mediese toerusting en beskermende kleredrag soos maskers en handskoene geplaas.

Volgens Winde is daar al in vier van die Wes-Kaap se ses distrikte gevalle van Covid-19 bevestig. Teen Woensdag het Nios aangedui dat daar 183 gevalle in die provinsie is.

Meer oor:  Alan Winde  |  Wes-Kaap  |  Covid-19  |  Geld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.