Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nog iemand by Tygerberg getoets vir koronavirus

Nog ’n pasiënt wat moontlik die koronavirus onder lede het, is Vrydagoggend omstreeks 10:20 in die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad opgeneem.

“Net omdat die persoon opgeneem is, beteken nie hy het die virus nie,” sê Mark van der Heever, woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement. “Mense hoef nie paniekerig te raak nie.”

Die persoon is een van 33 mense wat tot dusver by die hospitaal vir die virus getoets is. Die uitslag sal eers Saterdag bekend wees, maar almal wat voor hom getoets is, was negatief.

“As iemand die simptome het van hoë koors, ’n reis-geskiedenis het na een van die geaffekteerde lande en in kontak gekom het met iemand wat die virus het, sal die pasiënt opgelaai word by die mediese sentrum waar hy hom bevind en na die Tygerberg-hospitaal gebring word waar verdere toetse gedoen sal word,” sê Van der Heever.

Die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad. Nog ’n pasiënt wat vermoedelik aan Covid-19 ly, is Vrydagoggend by die hospitaal, onder hierdie afdak, afgelaai. Foto: Argief

“Ons neem ’n monster uit die mond wat na die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes se laboratorium gestuur word. Dit neem 24 uur tot 48 uur voordat die uitslae gereed is,” sê Van der Heever.

“Die persoon sal in isolasie in Tygerberg-hospitaal wees totdat die uitslag bevestig word.”

Die betrokke pasiënt is Vrydagoggend per ambulans na die hospitaal gebring, gevolg deur ’n tweede noodvoertuig, asook ’n gemerkte voertuig van die departement van gesondheid.

Die persoon is uit die ambulans gelaai deur personeel in ligblou pakke wat hulle van kop tot tone bedek. Almal in die omtrek, selfs veiligheidswagte wat verder as 50 m van die pasiënt af gestaan het, het maskers en handskoene gedra.

Die pasiënt is nou in isolasie in die hospitaal totdat die uitslae van sy toetse terugkom.

Meer oor:  Tygerberg-Hospitaal  |  Covid-19  |  Coronavirus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.