Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nog ’n passasier van virusskip sterf

’n Vierde passasier van die Diamond Princess-plesierskip is in Japan dood.

Dié passasierskip het reeds op 3 Februarie in die Jokohama-hawe in Japan anker gegooi en is in isolasie geplaas nadat ’n passasier positief vir Covid-19 getoets het.

Luidens Japan se staatsuitsaaier was die vierde passasier oor die 80 jaar oud is.

Japan word gekritiseer oor hoe die uitbreking van die dodelike koronavirus op die plesierskip hanteer word.

Gesondheidsbeamptes en mediese kenners wat op ’n paneel dien wat die regering saamgestel het, het Maandag erken dat die wyse waarop passasiers geïsoleer word, nie die beste was nie. Japan het homself egter verdedig deur uit te wys dat sowat 1 000 passasiers ná twee weke op die plesierskip toegelaat is om die skip te verlaat, berig USA Today.

Die beamptes sê Japan is deur moeilike besluite in die gesig gestaar aangesien die skip nie van Japan is nie en die kwessie internasionale onderhandelinge vereis het.

Die Diamond Princess behoort aan die Brits-Amerikaanse Carnival Corporation wat in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië gesetel is.

“Die skip is nie ontwerp om ’n hospitaal te wees nie. Die skip is ’n skip,” sê Sjigeroe Omi, president van Japan se organisasie vir gemeenskapsgesondheidsorg en voormalige streekhoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

“Natuurlik was die isolasie nie ideaal en soos wat ’n mens in ’n hospitaal sou verwag nie, maar na my mening was die isolasie betreklik doeltreffend, al was dit nie volmaak nie.”

Meer as 690 mense aan boord van die plesierskip het Covid-19 opgedoen, terwyl die virus die lewe van vier mense geëis het.

CNN berig teen Dinsdagoggend is 2 698 mense wêreldwyd aan Covid-19 dood en is dit al by 80 067 mense gediagnoseer. Reuters

Werkers loop op 21 Februarie verby die ‘Diamond Princess’-plesierskip waar dit in die Jokohama-hawe in Japan geanker is. Foto: Reuters

Meer oor:  Diamond Princess  |  Japan  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.