Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nog ’n persoon in NMB aan virus dood

Nog ’n persoon is in die Nelson Mandelabaai-metro, wat as die episentrum van Covid-19 in die Oos-Kaap beskou word, aan die virus dood.

Dit bring die aantal sterftes in dié metro op vyf te staan.

Hier is 218 mense reeds positief vir die virus getoets.

Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap, het intussen bevestig nog 47 mense is in die provinsie positief vir die virus getoets. Dit bring die totaal op 535 te staan.

Behalwe vir die NMB-metro se vyf sterftes, is een persoon in die Amathole-distrik dood, twee in die Chris Hani-distriksmunisipaliteit en twee in die O.R. Tambo-munisipaliteit.

Horatio Hendricks, burgemeester van die Kouga-munisipaliteit (wat Jeffreysbaai, Patensie, St. Francisbaai, Humansdorp, en Hankey insluit), sê in Kouga het vier uit die tien mense wat positief vir die siekte getoets is, ten volle herstel.

Volgens hom is die eerste persoon wat positief in St. Francisbaai getoets het, deel van dié vier, asook drie mense van die KwaNomzamo-buurt in Humansdorp.

“Dit beteken Kouga het ses aktiewe gevalle, vyf in Humansdorp en die mees onlangse geval in Hankey,” sê Hendricks op die munisipaliteit se Facebook-blad.

Hy sê die gesondheidsdepartement gaan hul massatoetsing vandeesweek op Hankey toespits in die lig van die mees onlangse geval daar.

“Hulle het reeds in die Gamtoos-omgewing begin met toetse en die proses van eliminasie. Die doelwit is om die program in Humansdorp af te sluit.”

Volgens die provinsiale gesondheidsdepartement se syfers oor die toetse het dié departement tot dusver 9 618 mense in die Oos-Kaap getoets.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Sterfte  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Oos-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.