Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nóg ’n SAUK-werknemer positief vir Covid-19
Die SAUK se hoofkantoor in Auckland Park, Johannesburg.Foto: Argief

Die SAUK sê ’n werknemer by sy hoofkantoor in Auckland Park het positief getoets vir Covid-19.

Die uitsaaier het op Twitter gesê die personeellid werk by sy navorsingsafdeling vir nuus. “Die werknemer is met siekverlof en is tans in die hospitaal,” volgens die twiet.

Almal wat in dieselfde omgewing was as die siek werknemer werk reeds van die huis af as deel van die SAUK se gebeurlikheidsplan.

Ulrich Hendriks, ’n joernalis van die SAUK se Kimberley-kantoor, is in isolasie en word gemonitor nadat hy die eerste werknemer was wat positief getoets het. Die SAUK het sy Kimberley-kantore daarna gesluit.

Ulrich Hendriks, SAUK-joernalis.Foto: Facebook/Ulrich Hendriks

’n Toegewyde span dokters en medici van Upington toets tans inwoners wat nabye kontak met Hendriks gehad het. Kommer en paniek het onder inwoners ontstaan nadat Hendriks se toetsuitslae Donderdag positief getoon het. Hendriks het Upington op 10 en 11 Maart besoek waar hy met Duitse burgers ’n onderhoud gevoer het. Hy het sowat ’n week later begin siek voel en is in selfisolasie geplaas. Hendriks het die Covid-19 toets in Kimberley geneem.

Op sosiale media wou inwoners van Upington weet waar die buitelanders hulle bevind met wie hy in aanraking was. Talle mense wat moontlik in Upington met Hendriks kontak gehad het, is as voorsorgmaatreël vir die virussiekte getoets. Volgens ’n dokter wat deel is van die mediese span van die departement van gesondheid wat tans mense in Upington toets, het al dié mense negatief getoets. Die departement gesondheid het alle moontlike kontakte opgevolg en die toetse uitgevoer.

Meer oor:  Sauk  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.