Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nog ’n vrou stort in ‘siek’ staatsgebou ineen

Nog ’n werknemer van die departement van gesondheid het in die “siek” Civitas-gebou in Pretoria ineengestort.

Volgens die vakbond Nehawu is die vrou Dinsdag in die hospitaal opgeneem, waar sy nog aansterk.

Dit is onbekend of die voorval met die beweerde ongesonde omstandighede in die gebou verband hou. Vakbonde eis sedert verlede jaar dat die departement sorg dat opknappingswerk aan die gebou gedoen word.

Bhungani Mzolo, ’n woordvoerder van Nehawu, sê hy is in gesprek met die vrou se familie.

“Die dokters het nog nie gesê wat fout is met haar nie. Ons glo egter dat die gebou iets daarmee te make het,” sê Mzolo.

Intussen weier ’n groot klomp werkers om in hul kantore te gaan werk. Die meeste van hulle sit daagliks in die voorportaal en wag totdat die departement die kwessies oplos.

Elizabeth Nkosi (59) is verlede Sondag dood nadat sy in die Civitas-gebou ineengestort het. Vakbonde skryf haar dood toe aan die swak gesondheidstoestande in die gebou.

Popo Maja, woordvoerder van die departement van gesondheid, sê egter vakbonde het geen bewyse gelewer dat Nkosi weens swak gesondheidstandaarde in die gebou dood is nie.

Volgens hom het Nkosi in die verlede longprobleme gehad.

“Ons wag nog vir die vakbonde om inligting te verskaf oor die vrou wat Dinsdag ineengestort het, voordat ons kommentaar gaan lewer. Ons weet nie wat gebeur het nie,” sê Maja.

Hy het die departement van arbeid se verslag wat in Desember uitgereik is, bevraagteken. In dié verslag word onder meer aanbeveel dat die gebou ontruim word totdat die nodige opknappingswerk gedoen is. “Swart stof” en lekkasies is onder meer gedurende die inspeksie in die gebou gekry.

Maja sê die departement aanvaar nie die verslag nie. Hy beweer die inspekteur het die gebou nie fisiek ondersoek nie en sy bevindings net op die menings van vakbondleiers gegrond.

“Ons het ’n onafhanklike inspekteur aangestel om die gebou te ondersoek,” sê Maja.

Intussen weier ’n groot klomp werkers om in hul kantore te gaan werk. Die meeste van hulle sit daagliks in die voorportaal en wag totdat die departement die kwessies oplos.

Volgens Maja sal die departement met die vakbonde vergader om na oplossings te soek. Hy sê die meeste van die kwessies wat geopper is, is reeds opgelos.

Meer oor:  Pretoria  |  Sterfgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.