Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nog pieke in Covid se eerste golf tref wyd

Verskeie lande stel weer strenger inperkingsmaatreëls in weens ’n hernude styging in Sars-CoV-2-infeksies nadat dit begin afplat het.

In Japan, Israel en Hongkong is ’n rekordgetal nuwe daaglikse infeksies die afgelope dae aangemeld, terwyl lande soos België en Spanje se daaglikse vlak nuwe infeksies terug is waar dit aan die begin van Mei was.

Kenners meen dit is nie die begin van ’n tweede golf nie, maar eerder verdere “pieke” in die eerste golf.

Amerika is steeds die land wat die swaarste getref word met 4,56 miljoen gevalle en 151 826 sterftes.

“Die virus hou ’n deurlopende gevaar in, so dit help nie om van ’n tweede golf te praat nie. Dit is noodsaaklik om deurlopend streng maatreëls ingestel te hou om die verspreiding van die virus te keer,” het Margaret Harris, woordvoerder vir die Wêreldgesondheidsorganisasie, die afgelope week gesê.

Volgens haar het die virus opnuut begin versprei in plekke waar inperkingsmaatreëls opgehef is en mense in groot groepe byeengekom het.

Die Franse regering het die afgelope week opnuut aandklokreëls ingestel in veral kusdorpe, waar mense hul somervakansie deurbring.

In Spanje is daar Donderdag 2 789 nuwe infeksies aangemeld – die hoogste daaglikse syfer sedert die begin van Mei. Brittanje en Noorweë is onder die lande wat weer kwarantynmaatreëls ingestel het vir reisigers wat van Spanje terugkeer en Brittanje het die beplande verslapping van inperkingsmaatreëls in veral die noorde van die land laat vaar. Strenger reëls oor die dra van ’n masker is ook ingestel.

Australië het Donderdag 723 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld – die hoogste daaglikse toename sedert die begin van die pandemie.

Die vorige kruin was einde Maart met 459 gevalle op een dag.

Teen Saterdag het 17 594 541 mense wêreldwyd al positief getoets vir die nuwe koronavirus en die amptelike dodetal staan op 679 489. Bykans 10 miljoen pasiënte het al herstel van die siekte.

Amerika is steeds die land wat die swaarste getref word met 4,56 miljoen gevalle en 151 826 sterftes. Brasilië word die tweede swaarste getref met 2,66 miljoen bevestigde gevalle gevolg deur Indië met 1,7 mil-joen. In Rusland is 838 461 gevalle aangemeld en Suid-Afrika word die vyfde ergste getref met 493 183 gevalle. New Scientist, National Geographic, The Washington Post en Al Jazeera

Meer oor:  Sars-Cov-2  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.