Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Nood is reusagtig, honderde kry kospakkies’
Kospakkies is Vrydag aan sowat 700 mense in Krugersdorp uitgedeel. Foto: Verskaf

Sowat 700 kospakkies is Vrydag deur AfriForum en Saai se Covid-19 taakspan en Cradle of Hope, liefdadigheidsorganisasie, aan behoeftiges in Krugersdorp uitgedeel.

“Die nood in dié gemeenskap is reusagtig en ongeveer 700 mense het opgedaag om ’n kospakkie te ontvang,” sê die taakspan in ’n verklaring.

Johan Kruger, hoof van gemeenskapsontwikkeling van AfriForum, sê instansies moet sonder staatsinmenging kan voortgaan om kos aan honger gemeenskappe te voorsien. “Dit is belangrik om die sentralisering van kos te beveg en ons verwelkom die Menseregtekommissie (MRK) se beslissing dat dit ongrondwetlik is om organisasies soos Cradle of Hope te verbied om maaltye aan mense in nood te voorsien,” sê Kruger.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê dit is belangrik dat organisasies saamwerk.

“Die inperking benadeel talle mense in en dit is nou veral belangrik dat organisasies wat die vermoë het, saamwerk om kos aan mense in nood te voorsien. Ons is bekommerd dat mense van armoede en hongersnood gaan sterf indien die beleid om kos te sentraliseer voortduur,” sê Cameron.

Cradle of Hope veg om voort te gaan om toebroodjies aan honger mense te verskaf nadat die departement van maatskaplike ontwikkeling glo gesê het hy mag nie toebroodjies uitdeel nie.

Die organisasie se regspan gaan voort met ’n dringende hofaansoek wat hulle teen David Makhura, premier van Gauteng, en Panyaza Lesufi, waarnemende LUR vir maatskaplike ontwikkeling, ingedien het.

Cradle of Hope het hom tot die hof gewend nadat Makhura en Lesufi nie op briewe van Cradle of Hope gereageer het nie.

Solidariteit Helpende Hand het ’n regspan tot Cradle of Hope se beskikking gestel.

Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, het aan Netwerk24 gesê die hofdokumente is ingedien.

Meer oor:  Koronavirus  |  Afriforum  |  Kosnood  |  Kospakkies  |  Saai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.