Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Noodgesprek met Cyril oor NMB se stygende virusinfeksies

’n Noodvergadering is Woensdagoggend gehou tussen pres. Cyril Ramaphosa en afgevaardigdes van die Nelson Mandelabaai-metro oor koronavirusinfeksies wat die hoogte inskiet.

Tshonono Buyeye, waarnemende burgemeester van die metro, sê Ramaphosa maak binnekort ’n aankondiging oor die moontlikheid van strenger inperkings vir die metrogebied en/of die provinsie.

Volgens die jongste syfers is daar 3 500 aktiewe koronavirusgevalle in die metro, waarvan 1 420 mense tussen 0 en 39 jaar oud is.

Shane Brown, hoof van die metro se afdeling vir rampbestuurder, sê daar is die laaste sewe dae 103 mense dood aan Covid-19 in die metro. Maandag is 17 sterftes binne 24 uur aangeteken.

Op die oomblik is 714 mense in verskillende hospitale in die metro, waarvan 109 pasiënte in waakeenhede is.

Buyeye het erken die inperking van mense se beweging in die metro was een van die besprekingspunte met Ramaphosa.

Hy sê die moontlikheid dat strande weer gaan moet sluit, is ook bekyk, want die strande lok groot getalle mense op ’n slag. “Dit is ’n netelige kwessie. Daar is nog nie ’n besluit hieroor geneem nie.”

Terwyl amptenare van die metro daagliks bloed sweet om die verspreiding van die virus te bekamp, blyk dit dat die handreinigers wat by sekere winkelsentrums verskaf word, verdun is.

Dr. Patrick Nodwele, adjunkdirekteur vir gesondheid in die metro, sê dit het aan die lig gekom tydens inspeksies van spanne wat seker maak winkelsentrums voldoen aan die reëls en regulasies.

Volgens Buyeye hou die verdunning van handreinigers wat by die ingange van winkelsentrums gebruik word ’n groot gevaar in, want mense is onder die indruk hulle is veilig omdat hul hande gereinig is.

Daar gaan toetse in laboratoriums gedoen word om seker te maak daar word aan die regulasies met die verskaffing van handreinigers voldoen.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Nelson Mandelabaai  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.