Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Noord-Kaap se jongste syfers

Die getal koronavirus-gevalle in die Noord-Kaap het volgens die jongste syfers tot 13 564 gestyg.

Volgens die Noord-Kaap se gesondheidsdepartement is 176 mense tot op hede aan Covid-19 dood.

Die jongste sterftes het in die Phokwane- munisipale gebied voorgekom waar vyf mense aan die virussiekte dood is. Ook in die Tsantsabane- munisipale gebied is vyf mense dood en een in die Dawid Kruiper- munisipale gebied.

Die departement sê 10 256 mense het reeds van die virus herstel, wat die herstelkoers nou op 77% te staan bring. Daar is 3 130 mense wat steeds die virus onder lede het.

Die meeste gevalle kom steeds in die Frances Baard-distrik voor en 5 464 gevalle is reeds hier aangeteken.

In die Pixley ka Seme-distrik is daar 3 023 gevalle aangeteken, in die John Taolo Gaetsewe-distrik 2 584 gevalle en in die ZF Mgcawu-distrik 2 107 gevalle.

In die Namakwa-distrik is slegs 383 gevalle aangeteken.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Vlak 1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.