Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Noord-Kaapse LUR sterf

REGSTELLING:

Die amptelike oorsaak van Mac Jack se dood is nie deur die premier of die LUR se naasbestaandes bekend gemaak nie, dus is die berig dienooreenkomstig aangepas.


Mac Jack, die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, is Woensdag dood.

Jack is sowat ’n week gelede in die Gariep Mediclinic in Kimberley opgeneem.

Mac Jack

Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het sy dood bevestig en die media Woensdag om 20:00 by die premier se kantoor toegespreek.

“Dit is met groot hartseer dat ek die afsterwe van ’n geliefde kameraad en kollega, Ntsikelelo Maccollen Jack, aankondig,” het Saul gesê.

“Hy is vroeër vanaand in die hospitaal dood nadat hy verlede week opgeneem is.”

Saul sê Jack was soos altyd in 'n goeie luim en vol vertroue dat hy ten volle sou herstel.

“Ongelukkig het sy toestand verswak en is hy vroeër vanaand dood verklaar. Hy was ’n gesoute kader van die beweging en ’n uitstekende staatsamptenaar. Hy het ’n vegtersgees en buitengewone energie gehad,” het Saul gesê.

Saul het sy medelye aan Jack se gesin, familie, vriende, kollegas en kamerade betuig.

“Ons is diep geskok oor die verlies van so ’n merkwaardige en bekwame leier.”

Die provinsiale leierskorps, die ANC en alliansievennote vergader Donderdag met die gesin en sal verdere besonderhede oor die begrafnis daarna bekend maak, het Saul gesê.

Jack word deur sy vrou, nege kinders en sewe kleinkinders oorleef.

Meer oor:  Noord-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.