Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nou meer as 3 000 virus-gevalle in Limpopo
Die kantoor van Stan Mathabatha, premier van Limpopo, is Maandag ontsmet nadat ’n werknemer positief vir die koronavirus getoets is. Foto: Verskaf

Limpopo het Maandag die 3 000-kerf van koronavirus-gevalle verbygesteek.

Volgens die jongste inligting van die departement van gesondheid in Limpopo is 3 039 gevalle in die provinsie aangemeld. 1 850 gevalle is steeds aktief en 1 151 mense het herstel.

Die sterftesyfer in Limpopo is 38.

Die meeste (14) mense is in Polokwane, die hoofstad van Limpopo, dood. Daar is tot dusver 671 koronavirus-gevalle in Polokwane aangemeld, waarvan 459 mense steeds siek is. Altesaam 198 mense het reeds herstel. Vyf mense is in die Lepelle-Nkumpi-gebied in Sekhukhune aan Covid-19 dood.

Die Waterberg-streek is die brandpunt van die virus met 856 gevalle. Die Capricorn-streek is ’n kortkop agter met 816 gevalle. Daar is 595 gevalle in die Sekhukhune-streek en 383 in die Vhembe-streek. In die Mopani-streek is daar 377 positiewe gevalle.

Die Groblersbrug-grenspos naby Tom Burke in Limpopo, op pad na Botswana, is Maandag vir verkeer gesluit nadat ’n werknemer positief vir die koronavirus getoets is. Verkeer het verlede week vir minstens 10 km opgedam by die Beitbrug-grenspos na Zimbabwe toe dit ook gesluit moes word weens positiewe gevalle. Die grenspos is behoorlik ontsmet en weer vir verkeer oopgestel.

Intussen is die Mowaneng-gebou in Hans van Rensburg-straat in Polokwane, waar Stan Mathabatha, premier, se kantoor is, ook gesluit nadat die virus ook daar uitgebreek het. Die gebou word Maandag ontsmet.

Die Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) in Polokwane is tot Woensdag gesluit nadat ’n gr. R-onderwyseres positief getoets is.

Die Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal is ook Maandag gesluit nadat ’n werknemer Vrydag positief getoets is.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, het mense gemaan om gehoor te gee aan die reëls om die verspreiding van die virus te bekamp.

Meer oor:  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.