Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Novavax-entstof ‘doeltreffend teen Britse variant’

’n Nuwe koronavirusentstof is 89,3% doeltreffend in grootskaalse toetse wat in Brittanje gedoen is.

Die Novavax-entstof is ook die eerste wat in kliniese toetse wys dit is doeltreffend teen die nuwe variant wat in Brittanje gevind is, sê Fergus Walsh, gesondheidsredakteur van die BBC.

Boris Johnson, die Britse premier, het die “goeie nuus” verwelkom en gesê Brittanje se medisynereguleerder sal die entstof nou beoordeel.

Die land het toegang tot 60 miljoen dosisse van die entstof vir hom gewaarborg.

The Guardian berig ’n voorlopige ontleding van ’n derde fase van die kliniese toets in Brittanje het getoon dat die entstof gemiddeld 89% doeltreffend in 27% van die meer as 15 000 deelnemers ouer as 65 was.

Dit het gewys dat die Novavax-entstof 95,6% doeltreffend teen die oorspronklike koronavirus en 85,6% teen die Britse variant is.

’n Tweede fase kliniese toets in Suid-Afrika, waaraan 4 400 mense deelgeneem het, en waarin 90% van die gevalle deur die Suid-Afrikaanse variant veroorsaak is, het nie sulke goeie resultate gehad nie.

Dié resultate wys ’n 60%-doeltreffendheid om ligte, matige en erge infeksies te veroorsaak onder diegene sonder MIV/vigs en 49% met dié groep ingesluit.

Novavax het gesê hy begin onmiddellik om ’n nuwe entstof te ontwikkel wat spesifiek op die Suid-Afrikaanse variant gemik is.

Die entstof kan in ’n gewone yskas geberg word, net soos die AstraZeneca- en Moderna-entstowwe, berig Sky News.

Dit is dus makliker om te versprei as die Pfizer-entstof wat teen -70 °C geberg moet word. – BBC, The Guardian, SkyNews


Meer oor:  Koronavirus  |  Novavax  |  Entstof  |  Covid-19  |  Entstowwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.