Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nuwe ‘aggressiewer’ variant versprei in Moskou

’n Nuwe aggressiewer en aansteekliker variant van die koronavirus is besig om soos ’n veldbrand in Moskou te versprei.

Volgens die burgemeester van die Russiese hoofstad, Sergei Sobjanin, is 7 704 nuwe koronavirusgevalle Sondag in die stad aangemeld. Dit is die hoogste daaglikse styging sedert 24 Desember.

Die owerhede het intussen bevestig dat Rusland se gevalle met 14 723 gestyg het. Dit is die hoogste daaglikse styging sedert 13 Februarie vanjaar.

Sobjanin het gesê die gevalle in Moskou sal na verwagting Vrydag met meer as 9 000 styg.

“Dit is ’n nuwe variant wat meer aggressief is. Dit is ook moeiliker om daarvan te herstel en dit versprei baie vinniger. Dit val glo ook mense se immuunstelsels makliker aan,” het Sobjanin aan mense in die restaurantbedryf gesê.

Hoewel hy nie gesê het presies watter variant dit is nie, is dit vermoedelik die Delta-variant (wat eerste in Indië waargeneem is).

Sobjanin het op ’n vergadering met die regering gesê meer beddens word in Moskou benodig om die skerp styging in Covid-pasiënte te hanteer.

Volgens hom is dié jongste vlaag van infeksies in Moskou onverwags, omdat meer as 60% van die inwoners of voorheen die virussiekte opgedoen het of reeds daarteen ingeënt is. Reuters


Meer oor:  Moskou  |  Virus  |  Variant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.