Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nuwe ambulanse, mobiele klinieke vir Vrystaat
Elke distrik in die Vrystaat sal vier nuwe mobiele klinieke ontvang. Foto: André Damons

Vrystaters het 60 nuwe ambulanse en 20 nuwe mobiele klinieke tot hul beskikking om primêre gesondheidsdienste meer toeganklik in dié streek te maak.

Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat, en Montseng Tsiu, LUR vir gesondheid, het dié voertuie Woensdag tydens ’n veldtog oor primêre gesondheidsorg en digitale migrasie in die Caleb Motshabi- (Dinaweng) woonbuurt, Bloemfontein, namens die provinsie in gebruik geneem.

“Ons gaan verseker dat kleiner dorpies ook hul eie ambulanse het, sodat ons mense nie moet sukkel nie,” het Ntombela aan die media gesê.

Ntombela en Tsiu sê mense in die Vrystaat het oor die reaksietyd van ambulanse gekla.

Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat, Woensdag in die Caleb Motshabi- (Dinaweng) woonbuurt waar ’n veldtog oor primêre gesondheidsorg en digitale migrasie gehou is. Inwoners van dié gebied kon ook toegang tot gratis gesondheidsdienste ontvang. Foto: André Damons

“Ons probeer die reaksietyd verkort deur soveel moontlik ambulanse per dorp in die Vrystaat te hê,” sê Tsiu.

Volgens Tsiu gaan die ambulanse en mobiele klinieke meestal vir plaasgebiede, waar mense nie maklik toegang tot gesondheidsorg het nie, beskikbaar gestel word.

Een van die mobiele klinieke sal in dié woonbuurt wees.

Die vyf distrikte van die Vrystaat sal elk vier mobiele klinieke ontvang, asook ses Toyota Avanza- en agt dubbelkajuitvoertuie elk.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, sê laasgenoemde voertuie sal deur gesondheidswerkers gebruik word om die gebiede te bereik wat gesondheidsorg benodig, maar nie het nie.

By die veldtog Woensdag is gratis gesondheidsdienste aangebied. Inwoners kon onder meer vir MIV/vigs, TB, hoë bloeddruk en diabetes getoets word, vir kanker ondersoek word en tandheelkundige dienste ontvang.

Ander Vrystaatse hooggeplaastes wat die geleentheid bygewoon het, sluit in Tate Makgoe, LUR vir onderwys, Dora Kotzee, LUR vir openbare werke en infrastruktuur, en Benny Malakoane, LUR vir landbou en landelike ontwikkeling.

Meer oor:  Vrystaat  |  Ambulanse  |  Medies  |  Gesondheid  |  Mobiele Klinieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.