Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nuwe ambulanse ‘moet dadelik in gebruik geneem word’

Dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, het Dinsdag 27 nuwe ambulanse en pasiëntbusse aan die departement van gesondheid oorhandig met die opdrag dat dit dadelik in gebruik geneem word.

Steven Jonkers, departementshoof, dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, en Mase Manopole, LUR vir gesondheid, verduidelik hoeveel nuwe noodvoertuie in diens gestel word. Foto: Charné Kemp

Hy het ook gesê die psigiatriese hospitaal buite Kimberley, wat al meer as 12 jaar in aanbou is, sal binnekort oopmaak.

“Ons kan nie toelaat dat ’n waardevolle bate soos ’n wit olifant staan nie.”

Mase Manopole, LUR vir gesondheid, sê sy is besig om verslae van die vorige LUR oor die psigiatriese hospitaal te bestudeer, veral die oorhandigingsverslag.

“Die hospitaal is van die departement van openbare werke na gesondheid oorgedra. Ek moet kyk of daar veranderinge aan die oordragproses gemaak moet word. Ek wil nie graag daaraan verander nie, want dit sal die opening van die hospitaal vertraag.

“Dit is nie noodwendig geld wat benodig word nie, maar ander probleme wat uitgestryk moet word.”

Saul het buite die LUR se kantoor sy toespraak in Afrikaans begin en die ambulanspersoneel wat by die nuwe voertuie gestaan het, vir hul werk bedank.

“Ons is dankbaar dat julle mense in nood help. Gesondheidsdienste moet dadelik aan die armstes beskikbaar wees. Openbare gesondheidsdienste sal verbeter word.

Dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, en Mase Manopole, LUR vir gesondheid, kyk hoe die nuwe ambulanstoerusting werk. Foto: Charné Kemp

“Ek is beïndruk dat ons so vinnig ná die inhuldiging van die nuwe kabinet aan die werk kon spring.”

Manopole het die aanskaffing van nuwe ambulanse versnel skaars ’n week ná haar inhuldiging omdat sy van die behoefte aan meer ambulanse bewus geraak het.

“Ons gaan teen die einde van die boekjaar 63 nuwe voertuie in diens stel. Ons sal verseker dat die voertuie deur bekwame personeel beman word,” sê sy.

Meer oor:  Dr. Zamani Saul  |  Noord-Kaap  |  Ambulanse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.