Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nuwe Mediclinic kom in Eikestad

’n Splinternuwe Mediclinic is tans in Stellenbosch in aanbou en sal na verwagting teen Maart 2019 voltooi wees.

Die hospitaalontwikkeling, wat deur die Suid-Afrikaanse eiendomsontwikkelaar en belegger Atterbury behartig word, beloop R350 miljoen, lui ’n verklaring. Die totale grootte van die nuwe hospitaalperseel is 15 000 m2. Die bouwerk het in Mei vanjaar begin.

Die bestaande Mediclinic Stellenbosch sal voortaan vanaf die nuwe perseel op die hoek van Strandrylaan en Elsie du Toit-rylaan, op die R44-pad, bedryf word.

Die oorspronklike hospitaal is in 1992 geopen.

Die nuwe, moderne gebou sal aan al Mediclinic se vereistes voldoen, maar volgens die ontwikkelaar sluit dit ook spesiaal ontwerpte kenmerke in wat die nuwe hospitaal se unieke ligging in Stellenbosch sal weerspieël.

Die hospitaalgebou gaan omgewingsvriendelik wees en word só gebou ten einde baie natuurlike lig in te laat.

Die waterbesparingsmaatreëls sluit onder meer ’n gryswaterstelsel en droogtebestande tuine in.

Die nuwe hospitaal sal meer as 100 beddens hê, en kry ook ’n heeltydse noodsentrum, vier operasiesale, ’n ontvangsgebied, ’n koffiewinkel en ’n apteek. Daar sal ook ’n daghospitaal wees, asook verskeie spesialisdienste.

Die bestaande Mediclinic Stellenbosch, wat in die dorp se woongebied Die Boord geleë is, sal in ’n eenheid omskep word wat onder meer ortopediese en rumatologiese dienste gaan lewer.

Die nuwe Mediclinic en die omskepte mediese geriewe in Die Boord sal as een bedryf word.

Volgens Gerrit van den Berg, Atterbury se ontwikkelingsbestuurder in die Wes-Kaap, is dit die maatskappy se eerste projek vir Mediclinic en ’n opwindende ontwikkeling. “Ons sien uit daarna om moderne, volhoubare mediese geriewe te lewer wat Mediclinic sal help om die beste moontlike sorg aan die gemeenskap hier te bied.”

Die groter hospitaal sal in die groeiende vraag na mediese sorg in Stellenbosch en die omgewing voorsien en ook beteken dat mense nie meer vir spesialisdienste hoef te reis nie. – Eiendomme-redaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.