Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nuwe middel teen TB verlaag aantal bakterieë

Die eerste middel teen tuberkulose (TB) wat nié ’n antibiotika is nie, is suksesvol op diere getoets.

Dit kom ná tien jaar se ontwikkeling daarvan en daar word gehoop dat die middel binne drie jaar ook op mense getoets kan word.

Die werk is deur die Universiteit van Manchester gedoen en in die vaktydskrif Journal of Medicinal Chemistry gepubliseer.

Die bakterieë word ook nie direk aangeval nie en die risiko is dus kleiner dat weerstandigheid opgebou word.

Die middel werk deur die beskermingsmeganisme van TB aan te val, eerder as die bakterieë self. Volgens die studie verlaag die gebruik van die middel die aantal bakterieë aansienlik. Dit was ook suksesvol teen middelweerstandige bakterieë.

Tans word antibiotika gebruik en weerstandigheid word ’n al hoe groter probleem. Die behandeling duur ook lank en een van die newe-effekte is doofheid.

TB skei molekules af wat die liggaam se immuniteitstelsel keer om die infeksie te beveg. Dit maak dit ook moeilik om die siekte te behandel. Die span het een van dié molekules geïdentifiseer en wanneer dit geblokkeer word, kan die liggaam se eie witbloedselle tot aksie oorgaan.

Dit is nie giftig vir mense soos wat van die TB-medikasie tans is nie. Die bakterieë word ook nie direk aangeval nie en die risiko is dus kleiner dat weerstandigheid opgebou word.

Die volgende stap is om die middel op mense te toets.

Wêreldwyd ontwikkel 10% van mense wat latente TB het, uiteindelik die siekte.

In Suid-Afrika het tussen 50% en 80% van volwassenes reeds dié bakterieë onder lede. Die land het een van die hoogste TB-syfers ter wêreld.

Volgens die Suid-Afrikaanse Tuberkulose-entstof-inisiatief sterf 270 mense daagliks in Suid-Afrika aan dié siekte. Indien mense gou behandeling kry, daal die aansteeklikheid daarvan binne 48 uur met 90%.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.