Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Navorsing wys herinfeksie met Covid-19 is seldsaam

Daar is net ’n geringe risiko om weer met die Ears-CoV-2-virus, wat Covid-19 veroorsaak, geïnfekteer te word, en indien dit wel gebeur, is die simptome minder ernstig, wys onlangse navorsing in Katar.

Die navorsers het bevind dat minder as 1% van die sowat 43 000 gevallestudies vir ’n tweede keer met Ears-CoV-2 geïnfekteer is.

“Mense wat reeds die virus onder lede gehad het, kan maar gerus agter in die ry inval vir entstowwe,” meen prof. Francois Venter, ’n kenner in oordraagbare siektes van die Universiteit van die Witwatersrand.

Herinfeksie vind vermoedelik plaas wanneer teenliggaampies begin afneem in mense wat reeds die virus opgedoen het of in mense wat die virus opgedoen het sonder om teenliggaampies te ontwikkel.

Presies hoe lank die teenliggaampies beskerming bied, is egter nog onseker.

Navorsing onder gesondheidswerkers in 12 Amerikaanse deelstate, asook navorsing in Nashville, Tennessee, dui daarop dat teenliggaampies by die meeste mense ná 60 dae begin afneem.

Navorsing onder gesondheidswerkers in Brittanje wys egter dat teenliggaampies vir ses maande en langer aanwesig is.

Die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer het reeds in Oktober gewaarsku dat die gevaar vir herinfeksie mettertyd kan toeneem namate meer mense se teenliggaampies begin taan of weens mutasies in die virus.

Meer oor:  Koronavirus  |  Navorsing  |  Ears-Cov-2-Virus  |  Herinfeksie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.