Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Nuwe virusgevalle in Oos-Kaap neem drasties af

In teenstelling met die versnellende koronavirus-infeksiekoers sowat twee maande gelede, is die getal mense wat nou daagliks in die Oos-Kaap positief vir die virus getoets word, drasties aan die afneem.

In Julie het die provinsie daagliks sowat 2 000 nuwe gevalle gehad.

Volgens die jongste syfers van die nasionale departement van gesondheid het die Oos-Kaap Maandag slegs 19 nuwe gevalle aangemeld.

Dit bring die totale getal positiewe gevalle hier sedert die virus in Maart vir die eerste keer kop uitgesteek het, op 86 868 te staan. Tot dusver het 82 842 mense herstel en 2 998 is dood. Maandag se sterftesyfer is 12.

Oscar Mabuyane, die premier, het sy medelye uitgespreek teenoor die vriende en familie van diegene wat dood is.

Die eerste positiewe Covid-19-geval in die provinsie was ’n vrou van Oos-Londen wat na Duitsland gereis het en het pas teruggekeer na Suid-Afrika toe sy positief getoets is.

Die jongste nasionale syfer van mense wat tot dusver positief getoets is, is 639 362. Landwyd is 15 004 mense al aan die virus dood.

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap  |  Af  |  Virusgevalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.